
My week het met my begin ek wat my hare spesiaal gewas het en mooi gemaak het vir die Facebook Live-videos wat ek moes doen.
Natuurlik was die weer teen my, want net toe ek wou begin, reën my hare nat en ek lyk nes my ouma se poedel Snuffels.
Gelukkig het my kollega ‘n sambreel gebring om my te red.Alhoewel dit nie my eerste Innibos was nie, was dit wel my eerste een waar ek backstage kon ingaan.
Hier kon slegs die media, kunstenaars, en ander BBP’s (baie belangrike persone) inkom. Dit het beslis gehelp om te weet ek is die jaar so ‘n bietjie meer belangriker as die vorige jaar.
Ek begin toe my dag en ek gesels met feesgangers, mense by kosstalletjies en die sterre.
Woensdag was maar eintlik heel rustig, maar toe Donderdag aanbreek het die pret eers begin! Weereens was ek agtuur die oggend daar.
https://www.facebook.com/lowvelder.co.za/videos/vl.1104493533074349/2336874893064272/?type=1
Terwyl ek daar sit, besef ek toe dat ek geen hoed en geen sonroom het nie, maar dit sou my glad nie terughou van die dag nie. Soos ek loop, stamp ek toe aan iemand wat ‘n hoed en brille aan het.
Ek sê toe “verskoon my” en hy antwoord beskaafd terug “dis geen probleem nie”.
Die oomblik toe ek sy stem hoor klop my hart sommer vuurwarm en uit my borskas uit. Mense noem my ‘n bietjie obsessed maar ek dink dis slegs ‘n gesonde crush.
Ek skreeu toe “JY IS FRANCOIS VAN COKE!” en net daar besluit ek sommer om saam met hom ‘n foto te neem.

My tyd was kort geknip, want toe is hy nie meer weggesteek nie en mense begin in rye staan om saam met hom ‘n foto te neem.
Ek was so geskok deur hoe mense so onbedagsaam kon wees toe hy nes ‘n gewone mens deur die fees probeer loop. Ja, ja dit was seker my eie skuld omdat ek sy naam geskreeu het, maar nog steeds.
Hier is my week se hoogtepunte:
• Ek het my perfekte fangirl oomblik soos ‘n kampioen hanteer.
• Ek het amper ‘n hartaanval gekry op die pretpark toe ek doodseker was dat my veiligheidsband nie vas was soos al die ander mense s’n nie.
• Ek het na hartelus gevreet van, pizza in ‘n cone tot wafels op ‘n stokkie.
• Mense het my aangekla dat ek n skoen-fetish het omdat ek al die sterre se skoene afgeneem het.
https://www.facebook.com/lowvelder.co.za/videos/vl.1104493533074349/2661350833885451/?type=1
My stem is weg, ek is bloedrooi gebrand en het bloukolle en blase, maar is nie ‘n sekonde spyt oor my wonderlike week by Innibos nie!











