Opinion

RESENSIE: Storm in a F-cup / Bra-vades

Dié tweetalige vertoning volg Debra, 'n 40-plus vrou wat op soek is na ware liefde.

Na ‘n liefdesteleurstelling volg Debra haar ma se raad en lees ‘n boek wat veronderstel is om haar te help.

Met die hulp van die boek en haar baie spraaksamige bras, Old Faithful en Glitzy, hou Debra aan om haar Prins Sjarmant te soek.

Die aktrise, Michelle Botha vertolk elke karakter in so mate dat ‘n mens skater van die lag.

Vroue sal hulself kan vereenselwig met al die hindernisse van vlerksleep en onderklere.

LEES OOK: Grondgrypers reeds tuis in Karino-vallei

Kinders en sensitiewe kykers moet eerder nie kyk nie, want daar is ‘n paar goed geplaaste vloekwoorde en stoute klanke wat hul verskyning maak deur Debra se laat aande by haar minnaars.

Die humor is egter nie bar nie en sal jou nie ongemaklik laat voel nie.

Botha se stem vat ‘n mens op ‘n nostalgiese reis met musiektreffers uit die 70’s soos “Enough is Enough” van Barbra Streisand en Donna Summer, en uit die 80’s, Bonnie Tyler se “Total Eclipse of the Heart” en “I Need a Hero”.

Thomas Barlow is die regisseur van die vertoning, wat spesiaal opgeneem is vir Innibos DIGITAAL.

Kry meer Innibos DIGITAAL-vertonings by Computicket.co.za. Vertonings is vir 72 uur na aankoop beskikbaar.

LEES OOK: Fred Daniel se saak teen Mabuza en die Parkeraad weer uitgestel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button