BlogsOpinion

Mans se speelgoed raak net duurder

Ek sug ook maar net deesdae as my man met ‘n nuwe stokperdjie vorendag kom.

Eers was dit speel gewere wat n fortuin kos, tot my verbasing. Ek het maar voortgegaan en dit vir hom gekoop, want hoe kan ‘n vrou dan nou nee sê as haar man dan nou so mooi vra om ‘n nuwe stokperdjie te begin?

Min het ek geweet dat hy omtrent net so paar weke met dit gaan gelukkig wees tot die volgende stokperdjie sy verskyning gemaak het.

Die volgende een was niks behalwe aanvaarbaar nie; elke man wil mos oefen, so toe hy tuiskom en sê, “my bokkie, ek gaan begin draf,” het ek natuurlik gespring en hom na die sportswinkel toe gevat.

LEES OOK:Winter is vir sopliefhebbers

Ons het hom laat toets op ‘n tredmeule om vir hom die regte skoene te koop om beter te kan draf.

R2 800 later het hy die beste skoene, omdat hy op ‘n sekere manier draf, maar elk geval, die skoene sou hom help om skok beter te absorbeer en hom help om eerste op die middel van sy voet te land.

Dit het natuurlik goed gegaan… vir so maand en ‘n half.

Ons gaan toe Dullstroom toe vir ‘n naweek en daar verras hy my met ‘n ou vissermanvriend wat al jare vlieghengel. Ons geniet die naweek toe verder en nie lank daarna nie, sien ek hom vlieghengelstokke ondersoek.

Soos ons almal weet is dit peperduur. Nietemin kry hy toe ‘n vlieghengelstok vir sy verjaarsdag.

Ek hou glad nie my asem op om te verwag dat dit enigsins langer as ‘n maand gaan hou nie, maar ek bid wel so. My raad aan vrouens is dus maar die volgende: as jou man met ‘n stokperdjie-idee by jou aankom, hardloop dat dit bars, want mans se speelgoed word net duurder.

LEES OOK: Innibos-avonture van ‘n fangirl

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button