Local sportSport

Nelspruit Judokas lewer groot opspraak

Wie sou ooit kon dink die woord judo verwys eintlik na 'n sagte manier van doen?

Die Nelspruit Judoklub het Saterdag by die Oewersig-saal ‘n nasionale
toernooi aangebied. Die Nelspruiters het baie goed gevaar.
Die organiseerder, Thinus van Tonder, vertel dat dit die eerste toernooi van sy
soort wat in die Laeveld aangebied is.
“Ek is baie in my skik met dit wat ek op die mat gesien het.
“Ons is verbaas dat daar soveel judokas opgedaag het, maar dit was lekker om te sien hoeveel ondersteuning ons gekry het,” sê Van Tonder.
Deelnemers het van sover as Phalaborwa, Swaziland en Mosambiek gereis
om aan die kompetisie te kom deelneem. ‘n Totaal van 80 vegters het ingeskryf.
‘n Negentienjarige vegter van die Universiteit van Johannesburg, Jacques Joubert het slegs 10% visie. Hy was op die kortlys vir die Paralimpiese Spele vir die 100- en 200m-items.
Hy het ook derde by vanjaar se Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir judo in Port Elizabeth. In Desember gaan Joubert na die visueel-gestremde spele in Argentinië. “Ek is mal oor atletiek, maar op die oomblik presteer ek die laaste in judo.
Ek dink ek is ‘n inspirasie vir baie ander atlete wat nie altyd in hulself glo nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button