Local sportSport

Skaakmat!

Die sweet het omtrent gespat by die Secure-com-skaaktoernooi wat die naweek by Hoërskool Bergvlam plaasgevind het.

Dit is deur die Ehlanzeni Skaakdistrik gereël en is deel van die kriteria om provinsiale kleure te ontvang.
Deelnemers het Vrydag om 18:00 weggespring. Daar was altesaam sewe
kategorieë waaraan 38 skole deelgeneem het.
In die o/10-afdeling het Laerskool Bergland se Andeon Pringle die eerste plek verower, met Michiel Eksteen van Curro en Cameron Chetty van Nelspruit onderskeidelik in die tweede en derde plekke. Suné du Preez van Lydenburg het die prys vir die beste junior dogter ontvang.
Christiaan van der Watt van Witrivier het in die o/12-kategorie goud verower. Marnevic Muller van Bergland het tweede geëindig en Marcel Barnard van Curro was derde.
Laerskool Sabie se twee leerders, Alexander Maartens en André de Kock, was die eerste en tweede in die o/14-afdeling.
Bergland se Alexander van Wyk het die bronsmedalje ontvang. Perseverance Khoza is as die beste senior o/14-dogter aangewys.Die o/16, Ashwin Walace van Hoërskool Sybrand van Niekerk het dié afdeling gewen met Johan Valks in die tweede en Braam Visser, in die derde plek. Albei seuns is van Hoërskool Nelspruit.
Die manne van Sybrand van Niekerk het naam in twee afdelings gemaak.
Die twee broers, Sandile en Thabo Ngwenya het in die eerste en tweede plekke in die o/18-afdeling geëindig met Christopher Maartens wat derde was.
Die senior spelers, Mayibongwe Khoza, Dumisa Nkosi en Mfanzile Mnisi het onderskeidelik goud, silwer en brons ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button