Local sportSport

Tennis inter-distrikstoernooi ‘n skouspel

Die tennisspan van Wes-Mpumalanga was die oorwinnaars van die junior inter-distrikstoernooi nadat hulle die Laeveld en Hoëveld stof in die oë geskop het.

Die toernooi het die afgelope naweek by verskeie tennisbane in die Laeveld
plaasgevind.
Die drie streke, Wes-Mpumalanga (Middelburg, Witbank en Groblersdal) Hoëveld (Standerton, Secunda en Ermelo) en Laeveld (Nelspruit, Witrivier en Lydenburg) neem jaarliks daaraan deel.
Die wedstryde is oor drie dae beslis met elke speler wat twee enkels, dubbels en gemengde stelle gespeel het. Die Laevelders en Hoëvelders het om die tweede en derde posisies gespeel.
Die o/11- en o/13-seuns en -dogters van die Laeveld het met die tennispelers van die Hoëveld afgereken. Die twee o/11-dogters, Nhalanhla Mondlane en Nkosi Banda het hulle uitstekend van hul taak gekwyt deur vier van hul ses wedstryde te wen. By die o/13’s het Mogamat Arabi en Tsatsi Mabaso óók op die baan geskitter deur vyf uit hul ses stelle te wen. Die o/13-dogtertennisspeler van die Laeveld, Njabelo Nyasenga het ál ses haar wedstryde met vasberadenheid en uithouvermoë gewen. Die o/15-seuns het as algehele wenners van die baan afgestap en selfs vir Wes-Mpumalanga ore aan gesit. Hier het Louis Scheepers uitstekend gevaar deur al ses sy wedstryde in sy sak te steek en Kallan Kenyon het vyf uit sy ses stelle gewen. By die o/18’s het
Bradley Kirk koning gekraai deur óók vyf uit ses stelle te wen. Dit was ‘n
naelbyt-eindstryd tussen die o/15’s en o/18’s se seun- en dogterspanne en moes
met enkele punte die onderspit delf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button