Sabie-landlopers presteer
Die landloopleerders van Laerskool Sabie het uitstekend by die jaarlikse Castle Rock byeenkoms gevaar.

Laerskool Sabie het die jaarlikse landloopdag by Castle Rock op Saterdag 20 Julie aangebied. Hierdie jaar het 483 leerlinge van 23 skole deelgeneem. Die roete was baie moeilik as gevolg van die reën. Sabie se leerlinge het in die nat toestande fantasties gevaar. Luthendo Mondau seuns 0/9 het baie goed gedoen, asook Marco janse van Rensburg 0/11.
Chantelle Willis dogter 0/ 13 het derde geëindig. Casey Tapfira het sesde in haar ouderdomsgroep (dogter 0/13) gekom waar Fortunate Maseko sewende oor die streep gehardloop het. Danielle Gouws (0/9) het ‘n agtste plek verwerf.
Selfs ‘n blinde seun van Laerskool Burgersfort het saam met Ashley Grobler deelgeneem.
