Local sportSport

Fietsryer verander sy strategie

Hein Engelbrecht (21) is in sy matriekjaar vir die Mr Price Jeug Akademie vir Padfiets gekies om Suid-Afrika in Holland, Ierland en België te verteenwoordig.

Gedurende die twee maande wat hy saam met 26 ryers van regoor die land getoer
het, het hy ’n string prestasies ingeryg.
Soos enige sewe jarige was hy mal oor die buite-lewe en natuurlik, fietsry. Vyf jaar daarna het hy vyfde in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe wat jaarliks in Badplaas plaasvind, geëindig. In dieselfde jaar is hy ook vir die Mpumalanga-span gekies en het die provinsiale kampioenskappe gewen. Hy het weer as wenner van die provinsiale kampioenskappe weggestap en het sewende in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gekom.
Na sy oorsese sukses het hy besluit om meer op bergfiets te fokus, maar wil nie oor sy
keuse uitgebrei het nie. “Dit was ’n moeilike besluit, maar mens kan nie altyd voorsien wat gebeur nie.”
In 2011 het hy aan die half-marathon wat in Clarens plaasgevind het deelgeneem waar hy in die vyfde posisie geëindig het. ’n Jaar later het hy 15de met die ultra-marathon gekom. Hein het besef dat sy prestasie nie verbeter het nie, maar verswak het.

Hy het nooit afrigting gehad nie, maar op die einde besluit dat as hy iewers met dié gewilde sport wil kom, sal hy ‘n afrigter moet kry. “Deon Caarstens rig my op die oomblik af. Ek het besef dat ek my disipline sal moet verander om vir die Olimpiese Spele 2016 in Rio te kwalifiseer. Vir nou gaan ek konsentreer om aan korter afstande deel te neem. Ek besef nou dit is nie só eenvoudig nie – mens leer baie van jouself en ek hoef nie noodwendig myself dood te oefen nie.”
Sy korttermyn doelwit, is om die marathonreeks volgende jaar te wen. “Jy moet nooit vertroue in jouself verloor nie, maak nie saak wie wat sê nie.”
Hy het een droom om voor die ouderdom van 30 te bereik, wanneer fietsryers se lyf gewoonlik klaar is vir die uitdagende sport.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button