Komati word vir ‘n ses geslaan
Komatipoort se krieketspan het die afgelope Saterdag hulle seisoen met 'n wedstryd teen Skukuza afgeskop
Komatipoort se krieketspan het die afgelope Saterdag hulle seisoen met ‘n wedstryd teen Skukuza afgeskop.
Skukuza het met 325/4 geseëvier en die opponente kon slegs 178 lopies aanteken.
Goeie sportmangees het die wedstryd gekenmerk en beide spelers en toeskouers het die dag geniet. Dit lyk egter asof die Skukuza-span meer voorbereid is vir die seisoen wat voorlê.
Volgens die Komatipoort-kaptein, Aubrey van der Bank, was dit groot pret. “Ons speel elke jaar teen Skukuza en dit is altyd lekker. Deur die jaar speel ons ook teen Malelane en Swaziland-spanne, maar dit is alles net vir die pret daarvan,” sê hy.
Die speler wat die meeste lopies vir Komati aangeteken het was Christo Louw met 58 lopies. Die span se kolfwerk was uit die boonste rakke maar hulle swak boulwerk het hulle die wedstryd gekos. Skukuza het bal na bal vir sesse geslaan.
