Local sportSport

Gimanste keer huiswaarts met spog-prestasies

Die Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) het verlede naweek aan die Noord-Zone Streekkampioenskappe by die Gymagic Gimnastiekklub in Kemptonpark meegedoen en spog met 'n hele paar medaljes.

‘n Totaal van 958 gimnaste vanuit Sentrale Gauteng, Oos-Gauteng, Limpopo, die Vaal- en Mpumalanga-streek het deelgeneem.

Altesaam 23 van hulle was onder die top-10 in hulle bepaalde kategorieë.

Ina-Marie van Niekerk, Leane Wallace, Larusha Scheepers en Marnevic Muller
het goue medaljes verower. Megan Jordaan en Savanti Kirsten het tweede geëindig
en Suné Graham, Inge Braun, Kaylyn Mare en Ankia Roux het derde gekom.

Zuziwe Mayeyane, Jeanne Strydom, Febe Gartner, Zoe Scheepers, Crystal Kellar, Lize van Biljon, Martenique Milner, Karli Jakobs, Yasmin Louw, Kayla Cornish, Larise Combrinck, Shene Coetzee en Aiden Kay was van die deelnemers wat onder die top-10 geëindig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button