Local sportSport

Nóg medaljes vir Nelspruit-stoeiers

Die Nelspruit Stoei-akademie (NSA), het uitstekend by die streekkampioenskappe, wat 6 en 7 September in Newcastle plaasgevind het, gevaar.

Twaalf seuns het onder andere teen provinsies soos Oos-Gauteng en KwaZulu-Natal deelgeneem. Die kampioenskappe is vir o/6 tot en met o/11 jaar aangebied wat in twee afdelings ingedeel is, o/6 tot o/8.

Dit is gefokus om die stoeiers se liefde vir die sport te kweek deur deelname op kompetisievlak sonder die druk van wen of verloor.
Elke seun het ‘n medalje ontvang. Die o/9’s tot o/11’s het volgens die internationale Stoei Federasie se reëls gestoei. Hier het hule volgens gewig en ouderdom, vir ‘n goue, silwer of bronsmedalje gekompeteer .

Afdeling
1: o/6 – o/8
Ruan Erasmus, Jean Erasmus, Tristan Kleynhans, Ryan Venter het almal medaljes ontvang.
Afdeling 2: 0/11
AJ van der Lith het bo 50 kg gestoei en goud verower. Armand van der Westhuizen het vir seuns bo 50 kg in die tweede plek geëindig.
Malcolm Jansen het onder 50 kg deelgeneem en silwer verkry. Franco Erasmus het onder 33 tot 36 kg gestoei en ‘n vierde plek behaal en Wenstel Erasmus ‘n sesde plek. Janu Erasmus het vir die gewig 26 tot 28 kg goud verower.
Die twee juniors, Aiden Venter en Lourens Erasmus het vir die o/10’s gestoei. Aiden het ‘n eerste plek behaal en Lourens ‘n derde vir gewig 42 to 46 kg. “Ons is trots op ál ons seuns wat so goed gevaar het,” het een van die afrigters, Danie Strydom na afloop van die kompetisie gesê.
NSA stuur vier stoeiers aan die einde van September na die Suid-Afrikaanse Jeug en -Junior Kampioenskappe wat in Bloemfontein plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button