Veterane ding in Tennis Kampioenskappe mee
Die Tennis-veterane Kampioenskappe het die naweek op die Van Riebeeckpark-bane plaasgevind.

’n Totaal van 40 tennisspesialiste het van drie deelnemende distrikte naamlik die Hoëveld, Laeveld en Wes-Mpumalanga, ingeskryf.
Francois Nel was eerste in die mans-enkels bo 30 en Niki Schneider was die
naaswenner. In die bo 35-kategorie, het Reenen Bergmann as wenner uit die stryd getree met Rouvaun Heyns as naaswenner. Bruce Whitticar is was eerste van die mans bo 40 gekroon en Dinesh Shooka het as naaswenner geëindig.
Louis van Dyk het met skoonstelle vir mans bo 50 gewen en die naaswenner was Dawie Wessels. Nico Bring het in ’n naelbyter in die mans bo 60 gewen met Kassie van Kasterop as naaswenner.
Die Maputo-speler, Ohmar Fernandes het stof in Tania Heyns, die naaswenner se oë met 6/1 en 6/1 geskop.
Bergmann en van Dyk het die mansdubbels bo 30, 6/1 en 6/4 gewen. Burger Bester en Jannie Geldenhuys het as naaswenners geëindig. In die bo 45’s het Christo Esterhuizen en Whitticar vertoonvenster-tennis gespeel en 3/6, 6/0 en 10/7 gewen. Die naaswenners was Jan Tolmay en Van Kasterop.
Die twee sterspelers, Fernandes en Heyns het na ’n harde wedstryd en ongunstige weersomstandighede, 6/3 en 6/3 teen die naaswenner, Annie Weirich en Fransie Swart gewen.
Die gemengde dubbels het slegs uit round robins van drie groepe bestaan. Ligte reën het tot gevolg gehad dat hiérdie groepe nie hul spel kon voltooi nie.
