Local sportSport

Monique spog graag met haar prestasies

Die sprankelende en nederige dogter van Laerskool Nelspruit, Monique Swart (13) het vierde by vanjaar se Suid-Afrikaanse Bergfietsry-kampioenskappe wat die afgelope naweek in Magaliesburg plaasgevind het, geëindig.

Sy het van tevore dié baan aangedurf en haarself vir baie klim en ’n vinnige roete voorberei. Sy het eers in gr.4 gek oor die sport geraak en vier jaar later is sy vir die
Mpumalanga-span gekies.

“Ek het aan my eerste resies deelgeneem toe ek sewe jaar oud was, maar het glad nie daarin belang gestel nie en eerder landloop beoefen. My eerste medalje wat ek verower het, was by Mankele.”
Die blonde-koppie was vreeslik senuweeagtig voor die SA’s. Buurlande soos Zimbabwe, Swasiland en Namibië was ván haar kompetisie, maar het haarself uitstekend van haar taak gekwyt.

Haar gunsteling wedren waaraan sy al deelgeneem het, was beslis die Cross Country-reeks. Daar word vier reekse altesaam in Suid-Afrika gehou, waarvan sy die een in Nelspruit gewen het. Sy is óók baie trots op haar poging in vanjaar se MTN-reeks.

“Ek het ’n algehele derde plek in die 20km-afdeling verower.” Haar sterkste kompetisie, is die jonge Kirstie Shuttleworth. “Sy ry baie goed en my doelwit is om haar volgende jaar in verskeie kompetisies te klop.”
Monique se ouer suster, Mandé ry ook graag bergfiets, en vaar skitterend. Dié twee sussies moet beslis dopgehou word.
Van Michelle se resultate:
• 2011 –      Spur Schools MTB girls 3rd
• 2012 –     Lowveld Chain Gang female cyclist of the year
Mountain Bike Association commission of Mpumalanga Cycle Union (Mpumalanga-klere)
Spur Schools MTB sprog girls 1ste

Tour de Farm, Alzu overall winner female 10km
Provincial Cross Country overall first, sprog girls

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button