Local sportSport

Pumas laat rekords spat

'n Voorstel om die Absa Curriebeker premierliga tot agt spanne in 2014 te vergroot, is deur die Suid-Afrikaanse Rugby-unie Maandag van die hand gewys.

Die span wat onder aan die puntelys in vanjaar se premierliga eindig (heel moontlik die Griekwas of dalk die Blou Bulle), sal teen die wenners van die
Curriebeker-eersteliga uitspeel om in die hoër liga te speel.
Die kans dat die Steval Pumas slapelose nagte hiéroor gaan hê, is onwaarskynlik. Hulle lê 15 punte bo die tweede-gekeurde span, die EP Kings. Die Pienkes sal die twee wedstryde wat die uiteinde beslis op 19 (weg) en 26 (tuis) Oktober speel.
Die Nelspruiters het Vrydagaand in Kemptonpark die Valke behoorlik ore
aangesit met ‘n oorwinning van 67-17. Die spogspan het reeds meer as 1 000 punte die seisoen aangeteken. Dit was hulle 14de wen. Geen span kon dié rekord sedert die begin van die reeks in 1989 behaal nie.

Die losskakel, Carl Bezuidenhout is die top-puntemaker van die seisoen met 304 punte (drie drieë, 40 doelskoppe, 26 strafskoppe en een skepskop). Die vlieënde vleuel, Rosco Speckman lê in die tweede plek wat meeste drieë betref met 11.

Die besoekers het in vyfde rat weggespring. Hulle was sterk op die aanval en die tuisspan het moeilik deur hulle rotsvaste verdediging gebreek. Die Pumas was in ‘n klas van hulle eie en het die Valke van die veld af gespeel. Ashwin Scott het vir sy 50ste wedstryd uitgedraf en sommer drie drieë gedruk terwyl JW Bell met twee gespog het. Stefan Watermeyer en Christo le Roux het óók op die tuisspan se doellyn gaan kuier.

Die kaptein van die Valke, JP Mostert het sy span se eerste punte op die telbord aangeteken met twee drieë. Bertie Powell het die laaste drie vir sy span gedruk.

Die Pumas speel Vrydag 16:30 teen die SWD Arende in die halfeindstryd. Die
breier van die Pumas, Jimmy Stonehouse lyk baie tevrede met sy span se vertoning die afgelope seisoen.

Hulle het in 24 wedstryde nog net twee keer verloor, beide kere teen die Goue Leeus. Die Kings en die Luiperds speel in die ander halfeindstryd in Port Elizabeth.
Puntemakers: Steval Pumas 67 (29) Drieë – Ashwin Scott (3), Christo le Roux, JW Bell (2), Rosco Speckman (3), Stefan Watermeyer. Doelskoppe: Carl Bezuidenhout (7). Strafskoppe: Bezuidenhout.
Valke 17 (7) Drieë – Bertie Powell, JP Mostert (2). Doelskoppe:
Kyle Hendricks.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button