Local sportSport

‘n Titsel kleur terwyl jy hardloop

’n Kleur kry. Iets te sterk kleur. Van kleur verander. Dié jaar gaan daar ’n ander konnotasie aan die woord "kleur" geheg word.

Vir die eerste keer, bied Run/Walk for Life op Saterdag 12 Oktober, ’n 5km
Colour Run by Mafunyane Waterpark by die Riverside Mall aan.
Nié net is die heeltemal iets nuuts en beloof om pret te wees nie, maar terselfdetyd is dit goeie oefening.
Al die fondse wat die dag ingesamel word, is ten bate van die Greater Rape Intervention Projek, GRIP. Hulle doel is om die nodige hulp, ondersteuning en berading aan slagoffers van verkragting, seksuele aanranding en huishoudelike geweld sowel as dienste aan diegene wat ’n MIV/Vigs-lyers is, te verleen. GRIP benodig dringend fondse om die bogenoemde te kan
toepas.

Wat maak dié wedren anders?
Deelnemers word by vyf verskillende stasies met ’n kleur gegooi – geel, groen, rooi, blou en oranje. Soos jy verbyhardloop, word jy met ’n kleur gebombardeer.

Almal wat deelneem, moet wit aantrek sodat as jy oor die eindstreep hardloop, jy soos die kleure van die reënboog lyk.
“Ons wil graag soveel as moontlik mense kry om te kom hardloop. Dit gaan ’n dag vol pret vir almal wees,” het die organiseerder, Tracey Creswell gesê.
Toegang: R80 vir volwassenes en R70 vir leerders.
Inskrywings: www.entrytime.co.za of by The Riverside Mall / Crossing SUPERSPAR / Run/Walk for Life Nelspruit.
Navrae: Tracey by 072-600-4119 or Nelspruit@runwalkforlife.co.za/Meg on 082-770-0854/colourfulruns@gmail.com

Back to top button