Local sportSport

Drie gimnaste is kersies op SA’s se koek

Die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskappe het die afgelope vakansie in Eldoraigne se matsportsentrum plaasgevind.

Drie atlete van die Nelspruit Gimnastiek Akademie, Amani Omar, Lizaan de Blanche en Hanno Bijzet het onder die top 10 van dié taai kompetisie geëindig.
“Dit is een van die moeilikste kampioenskappe waaraan die gimnaste jaarliks deelneem. Die dogters het hulself goed van hulle taak gekwyt,” het die afrigter Maré Putter gesê.
Omar het in vlak 5 (9 en onder) algeheel derde gekom. Sy het met goud op die spronge en brons op die balk én brug weggestap. De Blanche het algeheel vyfde op vlak 5 (13 en onder) gekom en ‘n silwermedalje op die spronge ontvang.

Die volgende gimnaste het onder die top 10 geëindig:
• Arilyn Dawson – negende, vlak 4 (10 en onder)
• Helena Pieterse – negende, vlak 4 (14 en onder)
• Ashley Kellar – 10de, vlak 5 (13 en onder).
Anja Swart het ook pragtig vertoon. Sy het algeheel 11de op vlak 6, (13 en onder) gekom. Anika van Zyl was 13de uit 64 deelnemers op vlak 4 (10 en onder).
Kayleigh Gibb het ‘n 16de plek op vlak 5 (13 en onder) behaal en Rhode Mulder ‘n algehele 20ste plek. Bijzet het die manne se naam hooggehou deur algeheel tweede op die vloer en spronge, parallelle brug, rekstok, beuelperd te eindig en op ringe het ‘n silwer ingepalm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button