Local sportSport

Intertak-sportskietdag by nuwe baan geniet

Die Laeveld Jagvereniging het Saterdag 14 September by die Nelspruitskietbaan, Renosterkop hul jaarlikse sportskietdag gehad.

’n Totaal van 58 lede uit takke van Gauteng, Sabie, Komatipoort, Ermelo het ingeskryf.
Lede het die kans gekry om teen ‘n tyd ‘n baan met teikens met taktiese vuurwapens te voltooi. Kalibers wat gebruik is was oorwegend ‘n .223, 12-boor, en 9mm. Hiérdie sluit semi-outomatiese gewere, semi-outomatiese haelgewere en handwapens in.
Sportskiet voorkom onbeholpenheid in lewensgevaarlike elfverdedigingsitusasies.

Die oefeninge is soos volg:
• Oefening 1: Semi-outomatise haelgeweer teen tyd
• Oefening 2: Handwapen teen tyd
• Oefening 3: Haelgeweer en handwapen teen tyd
• Oefening 4: Semi-outomatiese geweer teen tyd
• Oefening 5: Haelgeweer : 10 kleiduiwe met geen tydsbeperking nie.
Die tydrowende faktor van hierdie tipe kompetisie, was dat deelnemers een vir een deur die bane moes beweeg, in teenstelling met vyftien lede in ‘n aflossing soos met gewones.
Punte is verwerk terwyl die deelnemers ‘n vuurtjie aangesteek het.

Die uitslae is soos volg:
• Oefening 1: Haelgeweer
1. Braam Smith
2. Renald Radley
3. Piet van den Heever
• Oefening 2:
Handwapen
1. Francois Theron
2. Dirk Becker
3. Mickey Erasmus
• Oefening 3: Haelgeweer en handwapen
1. Dirk Becker
2. Kyle van Deventer
3. Nico Nel
• Oefening 4: Semi-outomatiese geweer
1. Brollie Oberholster
2. Mel Preddy
3. Tommie van den Heever
• Junior wenners:
1. Kyle van Deventer
2. Arthur Prinsloo
3. Erastus Niemandt
• Algehele wenners:
1. Dirk Becker
2. Piet van den Heever
3. Kyle van Deventer.
Dit was die eerste intertak-sportskietdag wat by die verbeterde skietbaan te Renosterkop aangebied is, en dit was weereens ‘n reusesukses.
Navrae: Laeveld Jagvereniging skakel by 013-744-0594.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button