Barberton-leerders word beloon
Op 14 en 15 November het Laerskool Barberton hulle prysuitdeling gehou.

Die goue-, silwer- en meriete-sertifikate is gedurende die oggend uitgedeel en die
goud + medalje is met die aand van 15 November se prestige-byeenkoms uitgedeel.
Dit het die kinders en hul ouers vreeslik trots gemaak. Met die aangeleentheid
is die trofeë en pryse ook uitgedeel en die leiers en hoofleiers vir 2012 is ook
aangekondig.
Die sportseun vir 2012 is DJ Raulstone en die sportmeisie is Sonya van Rooyen. Die dux-leerling was Willie Olivier en die Barberton-prys het aan Lize-Mari Drummond gegaan.
Die gr. 7s het ons vermaak met ‘n uitstekende vertoning en ‘n tjek van R92 656.42 is oorhandig wat die gr.7-fonds gemaak het en aan die skool oorhandig het.
Sterkte aan die gr. 7’s vir volgende jaar!
