Drywers, setstokke, ‘n vierbal, en lafenisse
Du Toit Smuts & Mathews Phosa en Laevelder het Vrydag 4 Oktober hulle jaarlikse gholfdag by Matumi Golf Estate aangebied en dit was weereens 'n absolute hoogtepunt op die gholfkalender.

Du Toit Smuts & Mathews Phosa en Laevelder het Vrydag 4 Oktober hulle jaarlikse gholfdag by Matumi Golf Estate aangebied en dit was weereens ‘n absolute hoogtepunt op die gholfkalender.
Dit was ‘n snikhete dag en die sweet het behoorlik die 128 spelers wat aan die dag deelgeneem het, afgetap. ‘n Totaal van 68 borge, onder andere Coca-Cola, Nedbank, Absa, Makro en Sembcorp, was op die dag verteenwoordig. Die spelers het by elke bof ‘n verrassingspakkie ontvang – van biltong, aartappelskyfies en ander lekkernye tot genoeg lafenisse vir die droë kele.
Daar was ook kleiner fondsinsamelings gehou waar spelers op die dag byvoorbeeld geld in ‘n spaarblikkie gegooi het. Dié fondse is aan Pro Life Pet Rescue oorhandig. Lorinda Vosges van Mathews Phosa het gister ‘n bedrag van R2 750 aan die eienaar van Pro Life, Karen Erasmus, gegee.
Op Laeveld Media se putjie moes die manne bontstaan om soveel moontlik gholfballe op mekaar te probeer stapel. Hiér het Paul Rabé met die prys weggestap deur drie balle op mekaar te stapel. Hy het ‘n heerlike cocktail-aand saam met vriende, geborg deur Mainstay, gewen. Rooikat se mobiele kroeg gaan die cocktails aanmekaarslaan en bedien.
Vir die afgelope paar jaar is Dasha-skool, Huis Betlehem, Nelspruit Community Forum en Lighthouse die begunstigdes van hierdie gholfdag en R1 000 per maand word elke maand aan elkeen van hulle oorhandig.
Dr Mathews Phosa, direkteur van die firma, het gesê daar is groot waardering vir die ondersteuning uit die gemeenskap vir die dag om dit moontlik te maak om hierdie skenkings te kan maak.
Laevelder wat al jare lank die mediavenoot vir die dag is, het by monde van groepredakteur Irma Green gesê hulle is elke jaar opgewonde as die dag aanbreek. “Ons wil graag seker maak dat almal die dag geniet en ons weet dat die geld vir ‘n goeie doel aangewend gaan word.”
Op die gholfbaan het Barend de Villiers en Hethlan Loock die eerste plek verower en elkeen het met twee herlaaibare flitse van Camp & Gas asook vyf-liter olie van Nkomazi Fuel weggestap.Vir hul tweede plek het Slang de Lange en Gerhard van Jaarsveld elk ‘n spoggerige ketel van Home Loans ontvang. Die manne het óók olie van Nkomazi Fuel gekry.
In die derde plek was Monte de Smidt en Chris Breet die gelukkige wenners van twee vrugteskommel-masjiene asook olie van Nkomazi Fuel. Wayne Potgieter het ‘n geskenkpakkie van De Huizemark en Klipdrift vir die langste dryf ontvang.
Ander pryse het die volgende ingesluit:
• DTS & MP – 2 verkykers, 2 multi tools, 2 kershaw-messe
• MP Copiers – 1 drukker
• SG Convenience – 2 sakke met handdoek, waterbottel en klein koelsak
• Ristar – 4 sakkies met ‘n verskeidenheid geskenkies
• Nedbank – 4 piekniekrugsakke
• TSB – 2 pakke suiker
• Standard Bank – 2 groot horlosies, 2 rugsakke op wiele, 2 leer-lêers, 2 botteloopmakers en 3 buisies sonskerm
• Chas Everitt – 4 sambrele en pette
• Absa – 2 reiskoppies, 2 pieknieksakke, 2 rugsakke, 4 skouersakke, 2 pette en gholftoerusting
• Mica – 2 hondekussings, 2 waterbakke, speelgoed en ‘n leiband
• Bidvest – 2 sambrele.
BLOCK
BORGE:
André Pretorius Makelaars
Absa Bank
Aramex Express
Avroy Shlain
Basie Botha Eiendomsagente
Bertie de Clerck – Momentum
Bidvest
Caltex
Camp & Gas
CK Embroideries
Coca-Cola
Croc Valley Citrus
Dawson & Dobson
Debonairs
De Huizemark
Dischem Pharmacies – Nelspruit
Elmadre Slaghuis
FFA Forensic Investigations & Profiling
FNB
Fruit & Veg
Honda
IT Unlimited
Juta & Co Ltd
Laevelder
Liberty Life
Life Med
Makro Nelspruit
Maxi’s Restaurant
Mazda
Mica Nelspruit
Michem
Minuteman Press
Monte de Smith Makelaars
M Pelser
Mpumalanga Copiers
Nashua Communications
Nedbank
Nkomazi Fuel
Pieman’s
Produkta Nissan
Ristar/Panasonic
RNA Verspreiders
Rooikat Drankwinkel
SA Brouerye
SA Embroideries
Searchworks
Sembcorp
SmartCall
Stabilis/Kapano Rekenmeesters
Riverside Mall
Standard Bank
Steiner Hygiene
Grove SUPERSPAR
Tip Top Teëls
TSB
Ulusha Projects
Van Heerdens Apteek
Van’s Auctioneers Mpumalanga
Virgin Active
Vision 2000
Viv’ix Designs
Waltons
Westvaal
