Local sportSport

Kambaku Gholfklub maak geskiedenis

Kambaku Gholfklub het weereens 'n belangrike mylpaal in sy geskiedenis behaal deur sy eerste Presidentbeker-gholftoernooi aan te bied.

Kambaku Gholfklub het weereens ‘n belangrike mylpaal in sy geskiedenis behaal deur sy eerste Presidentbeker-gholftoernooi aan te bied.

Dit is die begin van ‘n nuwe era, nie net vir die klub nie maar vir die hele Laeveldstreek. Twee van dié streek se sterkste gholfklubs het verlede week in Komatipoort teen mekaar te staan gekom.

“Die doel is om kameraderie en gees tussen die onderskeie klubs, asook gholf in sy geheel te bevorder om sodoende mense bewus te maak van dié lekker sport,” volgens Marius Meyaard, klubbestuurder en kaptein van die Komati-span. Daar is gespeel vir die eer en trots van elke span.

Gerhard Neethling, wat ‘n ogie gehou het dat die spel volgens die reëls verloop het gesê: “Die gees van die spel lê in die integriteit van elke speler. Hulle moet mekaar in ag neem en by die reëls hou. Speel die bal waar hy lê en pas aan by die baan. Indien jy nie kan nie, doen dan wat billik is.”

Diè klub het verlede jaar sy eerste Ryder Cup-toernooi aangebied. Dit was só suksevol, en die spelers het dit só geniet, dat hulle besluit het om vanjaar die Presidentsbeker aan te bied.

Dit het op dieselfde tyd plaasgevind as die pasafgelope Presidentsbeker tussen die VSA en die res van die wêreld, wat deur Amerika gewen is. Vyf Suid-Afrikaners is gekies om in diè toernooi teen Amerika te speel, naamlik Charl Schwartzel, Ernie Els, Louis Oosthuizen, Branden Grace en Richard Sterne.

Dit het swaar gereën en die prysuitdelingseremonie moes binnenshuis geskuif word.
Hier op die tuisveld het die twee spanne mekaar op twee snikhete dae die stryd aangesê.

Vrydagoggend het die openingseremonie plaasgevind en die kapteine het die geleentheid gehad om elk hul span voor te stel en het daarna heerlik saamgeëet. Pierre Pretorius van Akasia Lodge het die etes voorsien.
Om 12:00 is daar afgeslaan en die stryd het begin. Daar is weggespring met ‘n beterbalkompetisie. Aan die einde van die dag het Komatipoort met een punt voorgeloop.

Saterdagoggend het hulle vierspel gespeel en dit het gelyk of Komatipoort hier opdraand
sou kry. Die middag is daar afgesluit met enkelspelle en het die wiel weer gedraai in die guns van die plaaslike klub.

Komatipoort het die kompetisie met een punt gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button