Local sportSport

Skopboksers wys die Brakpanners hoe gedoen word

Al drie het besonder goed gevaar.

BARBERTON – Drie jong skopboksers van Barberton het dié van Brakpan behoorlik laat les opsê toe hulle onglangs daar besoek afgelê het. Die doel daarvan was om aan die Tiny Titans Kickboxing-toernooi wat slegs vir juniors onder die ouderdom van 15 jaar oop was, deel te neem.

Al drie het besonder goed gevaar.
Jose Ehlers het twee silwer medaljes verwerf terwyl Carmen Bronkhorst met ‘n silwer en ‘n brons huis toe is.
Die jongste van die drie, die vyfjarige Marques Olivier, het ‘n vierde plek verower.

Brandt Ehlers van X-Treme Kickboxing het Jean van Barberton Ford hartlik bedank vir die donasie van die brandstof.
Navrae: Brandt by 083-415-5032.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button