‘n Renjaer om mee reken te hou
Neil de Witt, ‘n jongman van Barberton, het in ‘n bietjie meer as twee jaar vinnig opgang gemaak as ‘n ovaalbaan-renjaer en is iemand om mee reken te hou.

In 2011, toe Neil nog maar ‘n 16-jarige gr. 11-leerder in Hoërskool
Barberton was, het sy belangstelling in hierdie sportsoort posgevat. Hy op
grondbane in die Rookie-klas in Nelspruit deelneem en kort daarna het hy die
1660-klas gewen.
Renne in Pietersburg was toe sy fokus. Die gogga ook sy pa, Nic de Witt en sy broer, Stephan gebyt en hulle het begin jaag. Almal behalwe ma Sharon, want, soos Nic goediglik sê: “Iemand moet ons mae vol hou.”
Broer Stephan het besluit hy geniet die teerbaan meer en begin om in die 1660-klas in Polokwane mee te ding.
Kort na sy wegspring op die teerbane, verower Neil die “Rookie” van die jaar en ook die algehele “rookie”-jaer, aangesien hy nog nie die volle seisoen deelgeneem het nie.
In Januarie 2012 jaag Neil vir die Barberian Ovaalbaan-span in ‘n internasionale wedren. Hier het hulle teen die ovaalbaan-jaers van Engeland in Pietersburg deelgeneem en heel bevredigend gevaar.
Die Suid-Afrikaanse A-span het ‘n derde plek verower en die hele span ‘n
algehele tweede posisie.
Sharon: “Dit was ongelooflik om te sien hoe goed hy vanaf die begin die motor op die nat grondbaan hanteer en dit het gou duidelik geword dat hy ‘n natuurlike talent vir hierdie sport het.”
Neil het verlede jaar gematrikuleer. Hy is ‘n ywerige sportman en het vir die Pumas rugby en bofbal gespeel. Hy studeer tans boukunde aan die Tshwane Universiteit van Tegnoloie (TUT).
Beide seuns studeer, en hulle probeer om so dikwels moontlik te
jaag. Hulle is lede van die Rietkuil Oval Racing- en Polokwane Oval Racing-klub plaas.
Op die oomblik is Nic besig met die opbou van Rebel-karre. Van hierdie
voertuie, met hul standaard Nissan 1400-enjins, is daar slegs vier in die land –
en al vier behoort aan Nic.
Die voertuie se naam is eintlik Legends, maar die naam was reeds geregistreer, en daar is toe besluit op Rebel- en Rebel-racing. Die plan is dat hierdie standaard beginnersklas binne die volgende twee jaar na die oopklas sal opskuif.
Nic beoog om in die nabye toekoms ‘n akademie te begin vir ouers wat hul kinders by hierdie sportsoort wil betrek.
Vir enige navrae in verband met die Rebel, kontak Nic de Witt by 082-465-2825.
Die volgende resies waaraan Neil gaan deelneem, sal ‘n internasionale wedren wees, en sal op 6 April by Rietkuil plaasvind.
