Local sportSport

Atlete trek soos voëls deur die lug

Meeste van ons wens ons kon vlieg. 'n Trampolien is seker een van die min dinge wat jou naby aan dié droom gaan bring.

WITRIVIER – Die gimnaste van die Witrivier Trampolienklub het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Trampolienkampioenskappe wat in Gezina, Pretoria plaasgevind het, deelgeneem.

‘n Totaal van vyf het aan nege verskillende items deelgeneem. Hulle het een brons- en vyf goue medaljes verower.
Dié klub het eers in 2012 hulle deure by Hoërskool Rob Ferreria oopgemaak. Wipmat is een van die dissiplines van gimnastiek. Gimnaste moet twee reekse, die eerste ‘n reeks van jou keuse en die tweede ‘n voorgeskrewe een, voltooi.
Die sport het onlangs deel van die gimnastiekfamilie geword en is nie baie bekend in Suid-Afrika nie.
‘n Kenmerk van die soort kompetisies, is dat dit uit drie rondes/roetines bestaan uit 10 vaardigheidstegnieke.
Uitstlae

Pieter du Toit vlak 1, vyfde
Beon Pienaar vlak 2, eerste
Carolien Pienaar vlak 2 “double mini” (twee klein trampoliens wat teen mekaar gevoeg word), eerste
Carolien Pienaar vlak 3, eerste
Dasha du Toit en Carolien Pienaar vlak 3, Synchro Trampolien eerste
Gohann du Toit vlak 3, derde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button