Local sportSport

Pumas, julle is ongelooflik!

Daar is net een woord wat die Steval Pumas se vertoning in Vrydagaand se Curriebeker Eeerste Liga-finale op Mbombela Stadion kan beskryf - ongelooflik.

Die Pumas en OP Kings het ‘n gedugte reputasie die afgelope twee jaar opgebou.

Hulle is die spanne in die liga wat mekaar die meeste opkuil en nie ‘n enkele minuut gun nie, maar Vrydagaand het die Laevelders die bordjies verhang en gewys hoekom hulle nie net die ligavoorlopers is nie, maar die kampoeine wil en moet wees.
Van die staanspoor af het die Stonehouse-troepe aangeval, die bal deur die hande laat sweef en keer op keer die Kings onder druk gesit met kraglopies, lynbreke en algehele rugby.

Dit was asof die Kings nie regtig geweet het wat volgende gaan gebeur nie. Alhoewel hulle daarin geslaag het om drie drieë te druk, was dit die tuisspan wat algehele beheer gehad het.

Self in die laaste tien minute met net 13 manne op die veld, is die dominansie voorgesit. Dit was die laaste drie van Coenie van Wyk, wat ook sy driekuns en as man van die wedstryd gekroon is, wat die TV-kommentators skoon stil van verbasing gehad het.

En dan praat ons nie eens van die 6 500 plus stoere Puma-ondersteuners wat bankvas agter hulle span gestaan het nie. Elke keer wat Van Wyk of die spoedvraat Rosco Spekman aan die bal vat, was almal op hulle voete wyl die Baaiers moes bondstaan.
Agtsteman RW Kember het die Pumas se drieëfees geopen met ‘n puik drie in die hoekie eers in die 17e minuut, waarna Van Wyk sy drietal begin het. Carl Bezuidenhout het vroeg met strafskoppe geslaag om die Pumas ‘n voorsprong te gee, maar met ‘n paar misse die toeskouers ook effe bekommerd gehad.

Hy kon net twee van die ses drieë verdoel, maar JC Roos het gelukkig nog twee verdoel. Teen rustyd was hulle reeds met 10 punte voor (19-10).
Die 2012-titelhouers van die Baai het wel net in die skrums die Pumas ontwrig en dit is waarop die breier Jimmy Stonhouse die week wil fokus. Hy noem dat die GWK Griekwas-manne heel moontlik hier die span wil ontwrig.

Aangaande die tempo van die toekomstige wedstryde, is Stonehouse glad nie bekommerd nie.
“Die span se mylpaal is ongelooflik. Om 18 uit 18 wedstryde te wen, glo ek nie sal maklik weer gebeur nie. Dit was voorwaar ‘n droomseisoen en is in styl afgesluit.

Vir my is dit ‘n riem onder die hart om te sien hoe die manne week vir week hard werk, en in die wedstryde die vrugte pluk en groei in hulle spel. En dan moet ek sê, na soveel is dit nog lekkerder om te weet dat daar nie ‘n beseerde speler is nie, wat spankeuses vergemaklik,” noem hy verder.

“Na die naweek is daar wel klein stampies en stootjies wat pla, wat te wagte was, dit was allermins ‘n finale. Dit is net Wilmaure Louw wat na ‘n kopstamp-insident sy oordrom moontlik gebars het, maar ons wag nog op die dokter se verslag.”
Die oortuigende 53-30 loesing oor die Kings het die Pumas nie net die kampioene-titel laat inpalm nie, maar ook ‘n prystjek van R1 miljoen vanaf Absa besorg. Vrydagaand is natuurlik die groot toets om te sien of die span gereed is vir groter dinge met die eerste promosie relegasie wedstryd teen die Griekwas in Kimberley.
Namens die Laeveld, baie geluk aan die Steval Pumas met die oorwinning!
Steval Pumas 53 (19) – Tries: RW Kember, Coenie van Wyk (3), JW Bell, Renaldo Bothma. Conversions: Carl Bezuidenhout (2), JC Roos (2). Penalties: Bezuidenhout (5).
EP Kings 30 (9) – Tries: Ntabeni Dukisa, Penalty Try, Kayle van Zyl. Conversions: Scott van Breda (3). Penalties: Van Breda (3).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button