Stokke swaai tydens skool se gholfdag
Kambaku Gholfbaan het Saterdag tydens Komatipoort Akademie se gholfdag behoorlik oorgeloop. Aan ondersteuning van die gemeenskap en borge, was daar geen tekort nie.
Kambaku Gholfbaan het Saterdag tydens Komatipoort Akademie se gholfdag behoorlik oorgeloop. Aan ondersteuning van die gemeenskap en borge, was daar geen tekort nie.
Daar was altesaam ses en negentig spelers op die baan en selfs waglyste van belangstellendes wat nog graag wou speel. Die afslaantye was op skedule en daar was nie oponthoud op die baan nie, ten spyte van die groot getal deelnemers. Die laaste vierbal het eers na ses ingekom.
Daar het ‘n sterk wind gewaai en teen die middag was die termometer behoorlik aangedraai, wat dit vir deelnemers ‘n nóg groter uitdaging gemaak het om hul beste gholf te speel. Die warm wind het mens behoorlik uitgeput en gedehidreer, en spelers was duidelik dankbaar na hul laaste balletjie op putjie nommer agtien gesink is.
Die nuwe skoolhoof, mnr. Ormond Lombard, het almal bedank wat bygedra het om dit ‘n sukses te maak, veral die beheerliggaam, onderwysers, gemeenskap asook al die borge se ondersteuning
Uitslae is soos volg:
• Naaste aan penne: Piet van Dyk, Jorge Goncalves
• Langste drywe: Pierre Cronje, Magda Stronkhorst
• Eerste plek: Herman Schutte, Seugnet Schutte, Pierre Cronje en Nico Combrinck
• Tweede plek: Jorge Goncalves, Adriaan Atkinson, Pedro Cristovam en João Cristovam
• Derde plek: Roenel Basson, Madeleine Wasserman, Tarryn Coetzee en Martinette van Dyk.
