Local sportSport

Stokke swaai tydens skool se gholfdag

Kambaku Gholfbaan het Saterdag tydens Komatipoort Akademie se gholfdag behoorlik oorgeloop.

Aan ondersteuning van die gemeenskap en borge, was daar geen tekort
nie.
Daar was altesaam 96 spelers op die baan en selfs waglyste van
belangstellendes wat nog graag wou speel. Die afslaantye was op skedule en daar was nie oponthoud nie, ten spyte van die groot getal deelnemers. Die laaste vierbal het eers na ses ingekom.
Daar het ‘n sterk wind gewaai en teen die middag was die termometer behoorlik in die rooi, wat dit vir deelnemers ‘n nóg groter uitdaging gemaak het om hul beste gholf te speel. Die warm wind het mens behoorlik uitgeput en gedehidreer, en spelers was duidelik dankbaar na hul laaste balletjie op putjie nommer 18 gesink is.
Die nuwe skoolhoof, mnr. Ormond Lombard, het almal bedank wat bygedra het om dit ‘n sukses te maak, veral die beheerliggaam, onderwysers, gemeenskap asook al die borge vir hulle ondersteuning.
Uitslae is soos volg:
• Naaste aan penne: Piet van Dyk, Jorge Goncalves
• Langste drywe: Pierre Cronje, Magda Stronkhorst
• Eerste plek: Herman Schutte, Seugnet Schutte, Pierre Cronje en Nico Combrinck
• Tweede plek: Jorge Goncalves, Adriaan Atkinson, Pedro Cristovam en João
Cristovam
• Derde plek: Roenel Basson, Madeleine Wasserman, Tarryn Coetzee en
Martinette van Dyk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button