Local sportSport

Plaaslike fietsryers ken hul trap by wedren in Durban

Fietsry is groot in Komatipoort. Dit is die vinnigste groeiende sport in die dorp en sowat 25 ryers het die naweek die gewilde Amashova-roete in Natal voltooi.

Fietsry is groot in Komatipoort. Dit is die vinnigste groeiende sport in die dorp en sowat 25 ryers het die naweek die gewilde Amashova-roete in Natal voltooi.

Dit is een van die veiligste, maar taaiste en mees uitmergelende wedrenne in Suid-Afrika, beter bekend as die Amashova Durban Classic. Vanjaar was die 25ste aanbieding en dit staan sedert Oktober 2009 bekend as die MTN Amashova National Cycle Classic, toe die korporatiewe vennoot aan boord gekom het.

Die wedloop het drie verskillende afstande, naamlik 106km, 65km en ‘n pretrit van 35km.

Die wegspring was vanjaar vanaf die Pietermaritzburg-stadsaal en het by die pragtige, ikoniese Moses Mabhida Stadion, wat spesiaal vir die Wêreldsokkerbeker gebou is, geëindig.

Die idee om ‘n fietswedren op dieselfde roete as die wêreldbekende Comrades Marathon te hou, was die breinkind van Dave Wiseman en sy vriend Tony McMillan. Na ‘n lang stryd met die betrokke owerhede, is die eerste wedloop in 1986 gedoen en die Natal Mercury/Pick n Pay National Classic genoem.

Die verkeersowerhede het slegs toestemming gegee vir 150 ryers om deel te neem.

Dit het in 1998 tot 800 vermeerder.

Die plaaslike regering het die potensiaal gesien om deur middel van hierdie wedren toerisme in die provinsie te bevorder, en het hul volle samewerking gegee.

Dit het daartoe gelei dat die wedloop tot een van die hoogtepunte in padfietswedrenne in die land, en die grootste in Natal ontwikkel het.

Belangstelling het drasties toegeneem en dit is ook die enigste wedren wat Durban se amptelike goedkeuring wegdra.

Vanjaar het 10 000 fietsryers deelgeneem, waarvan 4 272 aan die 106km-afstand.

Bianca en Claudia Caldeir, sowel as Dirk en Hannetjie Hurter het aan die 35km-pretrit deelgeneem.

Avril Pretorius het die eerste plek behaal onder 43 vroue in haar ouderdom en die negende plek in die ouderdomsgroep (wat 152 vroue insluit) in die 65km-wedren. Sy het 45ste uit 447 in die ouderdomsgroep vir mans en vroue ingesluit.

Dit weer was winderig en reënerig, en twee van Komati se ryers Ellie en Nicole Erlendsson het daarom onttrek.

Piet van Dyk het ook nie gery nadat hy griep opgedoen het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button