Gholfdag ten bate van Wenakker vir derde jaar gehou
Verlede Saterdag tydens Wenakker se jaarlikse gholfdag, het die stokke behoorlik geswaai.

LYDENBURG – Dit was die derde jaar wat dié byeenkoms ten bate
van Wenakker se fondsinsameling aangebied is, en dit het weer groot aftrek onder die spelers geniet.
Die baan was propvol entoesiastiese spelers en dit was ‘n pragtige dag vir gholf. Volgens Neeltjie Brits is ‘n baie goeie bedrag ingesamel, en dit gaan ‘n hele paar gate toestop.
“Dit sou natuurlik nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van al ons borge en skenkers nie.
Elkeen se bydrae, hoe groot of klein ookal, word opreg waardeer en dit is weer
bewys dat ons gemeenskap se harte oop is vir dié inwoners,” se Brtis
Wenakker wil graag alle borge en skenkers vir elkeen se bydrae wat die dag
moontlik gemaak het, bedank.
“Ons wil ook graag Lydenburg Gholfklub vir hulle hulp en ondersteuning en die mooi toestand van die baan bedank.”
Die wenners was Kenny Labuschagne, Chris Jankowitz (direkteur van Wenakker) en Jaco van der Merwe.
Wenakker is ‘n residensiële fasiliteit vir die versorging van ongeveer 250 intellektueel-gestremde volwassenes.
