Local sportSport

Hiérdie ramkat het steeds genoeg asem om medaljes in te ryg

Sowat 34 jaar gelede toe die dorp se welbekende ramkat vir die eerste keer sy veters vasgesteek het, het hy min geweet dat hy later reeds 24 Comrades-medaljes om sy nek sou hang en verskeie titels tot sy naam sou voeg.

LYDENBURG –
Die geharde hardloper met die sagte glimlag vertel dat die Comrades glad nie vir hom so erg was nie, en meen dat dit waarskynlik aan intense
weermagopleiding, toegeskryf kan word. “Ek het op 19 jaar my eerste Comrades voltooi. Die weermag maak jou sterk en ek kon die wedloop in ‘n tyd van 9 uur en 38 minute voltooi,” vertel hy. Hy is geensins van plan om binnekort sy tekkies op te hang nie en glo hy sal hardloop solank hy nog kan. “Ek sien uit om my 25ste Comrades volgende jaar te doen en streef daarna om nog baie wedlope te voltooi.”

Daar is geen spesifieke wedloop wat op sy moet-doen-lysie is nie en
hy is tevrede met elkeen. “Ek wil eerder soveel as moontlik hardloop en elkeen voltooi.” Dis duidelik dat passie bo prestasie voorkeur geniet by die kranige atleet en dat podium-plekke bloot ‘n bonus is. Afgesien van die 2 157,6km wat hy tydens Comrades-wedlope afgelê het, het hy 17 Longtom-marathonne suksesvol voltooi, 10 Elandsvallei-wedlope en ook as wenner van die Pick n Pay,Dopper- en Piet Nel 5km-pretlope uitgetree.

Hy het in 2008 ‘n spesiale toekenning van Hoërskool Lydenburg vir die voltooiing van sy 20ste Comrades ontvang, wat hom nog altyd na aan die hart lê. Lydenburg is trots op die atleet en wens hom nog baie hardloopjare toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button