Local sportSport

Nellies 0/12 Krieketspan -Mpumalanga kampioene!

Laerskool Nelspruit se 0/12 Krieket seuns is verlede Woensdag as Mpumalanga krieket kampioene gekroon.

Witbank – Die Nellie Leeus het hul seisoen op ‘n hoë noot afgesluit toe hul die seuns van Laerskool Kragbron op hulle tuisveld met 93 lopies verslaan het. Kragbron het die loot gewen en besluit om die Nellies eerste in te stuur.

Die leeutjies het aanvanklik sleg begin met paaltjies wat een na die ander gekantel het, maar die Nellies het nogtans karakter gewys en ‘n skaflike 180 lopies geslaan. Volgens Adé Adendorff , afrigter van die Nellies was dit nie die eerste keer dat sy span vroeg in hul kolfbeurt in die moeilikheid was nie.

“Dit is juis ‘n teken van ‘n goeie span, as hul kop kan hou tenspyte van ‘n slegte begin en steeds ‘n goeie telling op die bord sit”. Heini Pieters was Nelspruit se beste kolwer  van die Nellies toe hy 32 van slegs 45 balle gemoker het. Pieters was goed ondersteun deur sy stertkolwers.

Na die middag ete breek was die Nelspruiters oorgehaal om hul telling te verdedig met hul gevaarlike boulaanval.  Die giftige boulers van die leeus het soos verwag nie teleurgestel nie en het Kragbron vir slegs 87 lopies uitgeboul.

Heini Pieters het weereens gewys dat hy nie net ‘n meester met die kolf is nie, maar ook met sy goeie boulwerk.  Hy het 2 paaltjie gekry vir slegs 7 lopies en is welverdiend as speler van die wedstryd aangewys.

Laerskool Kragbron se Erich Smit was hul beste kolwer en het ‘n pragtige 46 lopies van slegs 39 balle gemoker. Laerskool Nelspruit se seuns het die afgelope 3 seisoene 50 wedstryde gespeel en slegs 4 wedstryde verloor, en julle kan die seuns se name maar neerskryf.

“Julle gaan nog baie van die kannetjies hoor” het ‘n trotse Mnr Adendorff gesê. Die seuns speel as ‘n span saam en elkeen het as individie ‘n groot bydrae in die span se sukses gespeel. Jacques Vosloo, Tristan Parnell en Chyle van Zyl het 100 talle in die seisoen aangeteken.

Die seuns wat 50 talle aangeteken het die seisoen is Matthee Joubert, Heini Pieters en Rian Gunter.. Voorwaar ‘n spanpoging.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button