Local sportSport

Lydenburg-tennisseuns as wenners gekroon

Die eerste Laeveld Junior Mini-tennistoernooi het die afgelope naweek op verskeie tennisbane in die streek plaasgevind.

Francois Winterbach van Lydenburg het die seuns o/18-afdeling gewen met Migael van Velden as naaswenner.
Jana Swanepoel is in die o/18-dogtersafdeling bekroon met Anneri Mans die
naaswenner.
Dit was ‘n titaniese stryd tussen Ané van Vuuren en Clarissa Boshoff in die meisies o/15. Boshoff het haar opponent 6/5 geklop, maar Van Vuuren het op die nippertjie met twee punte geseëvier. Marco Knobel was eerste in die seuns o/15-afdeling nadat Taillard van Zyl goeie teenstand gebied het.
Japie Lubbe was die wenner van die seuns o/13 met Stephan de Haas die aaswenner. Eunice Lubbe het getriomfeer in die dogters o/11 met Zoe Bergmann in die tweede plek. In die dogters o/13 was dit ‘n naelbyteindstryd tussen Michelle Boshoff en Lize van Biljon. Boshoff het die wedstryd in die uitkloppot met 6/1, 2/6 en 10/8 gewen.
Die is een van ses toernooie wat deur die Laeveld Junior-tennis vir plaaslike spelers aangebied word om vir Laeveld-kleure te kan kwalifiseer.
Die volgende mini-toernooi vind op 29 en 30 November plaas. Ehlanzeni (Laeveld) Junior-tennis se algemene jaarvergadering word op 21 November om 18:00 by Van Riebeeck Park se tennisbane gehou.
Navrae: Jeanetha by 082-780-4373 of Laetitia by 082-458-5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button