Promosie-relegasiestryd word ontleed
Die GWK Griekwas het die eerste van twee promosie-relegasiewedstryde verlede Vrydagaand in Kimberley met 21-19 teen die Steval Pumas gewen.

In die tweede wedstryd vanaand (Vrydag) by die Mbombela Stadion kandie skare na kookwaterrugby uitsien.
Die oud-Springbok, Rudi Vleis Visagie wat vier toetse vir die Groen en Goud in 1984 gespeel het en 141 Curriebekerwedstryde agter die rug het, het dié opwindende wedstryd ontleed.
• Spogspelers
Pumas
JC Roos – Top puntemaker (115) in 2012, Vodacombeker
Coenie van Wyk – Drieëvraat met (7) in 2013, Curriebeker. Oorvloedige driedrukker en uitstekende skopper
Renaldo Bothma – Het vir die Goue Leeus uitgedraf en weeg ‘n stewige 105kg. Wen baie veld met die bal in hand as sterk baldraer.
Griekwas
Francois Burmmer – Top puntemaker (113) in 2012, Curriebeker
Willie le Roux – Springbokheelagter, ontduikende speler met bal in hand, druk drie drieë in Super Rugby vir die Vrystaat Cheetahs
Marnus Schoeman – Het in 2010 sy debuutwedstryd vir die Blou Bulle se Vodacombekerspan gemaak. Groot impakspakspeler, 96kg.
• Spel van kardinale belang
“Elke span moet die wilskrag hê om dié wedstryd in hulle sakke te wíl steek – die span wat dit die graagste wil hê sal op die einde as oorwinnaars van die veld stap.
Die verdedigingslyne is bitter belangrik. Een duikslag wat gemis word, kan ‘n span
tussen drie en sewe punte kos.
• Skeidsregter en tegnologie
Die skeidsregter, Craig Joubert moet van die wonderlike tegnologie tot sy beskikking
gebruik maak en nie besluite ligtelik neem nie. Die kapteine van albei spanne, Corné Steenkamp (Pumas) en Ryno Barnes (Griekwas), speel ‘n belangrike rol om die skeidsregter te beslissings te bevraagteken indien nodig.
