Local sportSport

Dit is nou of nooit vir Steval Pumas

Altesaam vyf veranderinge is aan die Steval Puma-beginspan gemaak vir Vrydagaand se Absa Curriebeker promosie-relegasiewedstryd teen die GWK Griekwas op Mbombela Stadion.

Vier hiervan is by die voorspelers gemaak, terwyl JC Roos die beseerde Carl Bezuidenhout op losskakel vervang.

Die blonde kragman Vincent Koch sal vir Corné Fourie in die begintal op loskop vervang, terwyl DeJay Terblanché en Francois du Toit die voorry van verlede week se bank af sal volmaak.

Giant Mtyanda sal saam met Rudi Mathee die slotte wees wat die breiwerk in die
lynstane sal moet doen.

Jimmy Stonehouse het weer die naweek op ‘n 5-2 voor-agterspeler plaasvervangerbank besluit. Daarom is Jerome Pretorius weer terug in die groep saam met Dewald Pretorius.

Stonehouse sou laat die week nog ‘n besluit gemaak het tussen twee kragmanne wat op vaskop moet uithelp, Drew van Coller en Stephan Kotzé. Corné Fourie sal vanaf die bank speel, asook Frankie Herne. “‘n Tuisveld-voordeel is beslis in elke span se guns.

Verlede week was ‘n goeie openbaring vir die spelers wat speltemo en intensiteit betref. Die verloor was dalk net die medisyne wat ons nodig gehad het. Maar ek moet sê die intesiteit van die manne se oefening was veel hoër as verlede week. Veral die
ligte kontaksessies in die verdedigingsoefeninge en die lewendige skrums het die
spelers goed gedoen,” noem MJ Mentz, assistent-afrigter.
Volgens hom is daar baie aandag aan die verdedigingslyne geskenk en hulle glo die naweek sal die Puma-ondersteuners ‘n ander span op die veld sien draf. “Daar is ‘n baie positiewe gees in die groep, selfs onder die nie-spelendes.

Almal staan saam en sien uit na die laaste wedstryd van die seisoen en het die doel voor oë om hierdie jaar op ‘n hoë noot af te sluit. Dan is daar net ‘n twee-weekrustydperk vir die manne, waarna hulle weer vir die 2014-seisoen sal begin oefen.

Stories dat daar dalk wel op agt spanne in die premier-liga besluit sal word, het geen
invloed op die spelers nie.
Hulle is gefokus en sal elke minuut speel om die vrugte van die Premierliga-insluiting te pluk,” sluit hy af. Rugbygeesdriftigers word gevra om die Steval Pumas in hulle duisende te ondersteun. Kaartjies beloop R50 vir volwassenes en R20 vir skoliere.

‘n Spesiale aanbieding is steeds beskikbaar by die restaurantlosie. Vir R450 per persoon sal daar ‘n volle buffet, verversings en oop kroeg beskikbaar wees, met vier gratis parkeerkaartjies per 10 spesiale aanbiedingskaartjies.
Navrae: 013-757-4600.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button