Local sportSport

Atlete presteer in strawwe kompetisie

Twintig atlete van Mpumalanga het verlede naweek in Pretoria aan die Gauteng Noord Interprovinsiale byeenkoms in Lynnwood deelgeneem.

Dertien van die o/19-atlete was van Komatipoort Akademie afkomstig.
Jan Engelbrecht, ook van
Komatipoort, het in die veterane-kategorie deelgeneem. Volgens die twee
afrigters, Jan (hardloop) en Marita Engelbrecht (swem), het die plaaslike atlete
se harde oefening die afgelope agt weke reeds resultate gelewer. Die atlete is
beduidend fikser as in vorige jare en die vereiste (hoër) standaard is nou reeds
in Oktober bereik, iets wat gewoonlik eers in Januarie in die verlede bereik is.
Drie nuwelinge in die groep getuig van groeiende belangstelling.
Die ander
provinsies was goed verteenwoordig en die kompetisie was soos altyd straf. Van
die land en wêreld se beste atlete in die swem/handloop-kombinasiesport het weer
gewys dat tweekamp “nie vir sissies is nie”.
Jan Engelbrecht en Rio
Badenhorst het medaljes huis toe gebring.
Die volgende interprovinsiale
byeenkoms is in Januarie in Nelspruit. Belangstellendes kan die afrigters of
Magda Stronkhorst skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button