Local sportSport

Oud-afrigter palm 6de dan in

Oud-inwoner en karate-afrigter van Nelspruit, Roelf Smith (63) het Saterdag 19 Oktober sy Rokudan (6de dan)-diploma in Shotokan ontvang. Dan is 'n rang in Japanese en Koreaanse vegkuns.

Smith het reeds in 1986 sy eertse dan ontvang en 27 jaar later stap hy met dié prestasie weg.
“Daar is net drie Shotokan danne in ons styl – een in Kaapstad, een in Witbank, en dan ek hier in Nelspruit,” vertel hy met trots.
Lang ure, baie oefening en deursettingsvermoë is sy suksesresep.
“Ek moes 22 uur se oefening en evaluering in Pretoria deurstaan om dié sertifikaat te kon ontvang. Die gradering het in Pretoria by Seinsei Soon Pretorius se karate akademie plaasgevind. Ek het die volgende drie style uitgebeeld – kata, kumite en kihon.
Kihon beteken grondbeginsel, kata beteken vorm en kumite beteken spanmaat of
werk in pare. Die komitee het laaste my sertifikaat aan my oorhandig, want ek
het die hoogste gradering daardie dag ontvang.”
Pretorius is ‘n wêreld karate akademie-instrukteur.
Hy word as een van die mees inspirerende karate-leiers gesien en het in 2004 by die Karate Akademie van Suid-Afrika aangesluit.

Smith het Laevelder in sy karate-klere ontvang en spog met ‘n swartbelt waaraan hy baie waarde heg. “Ek dra die swartbelt elke dag van my lewe. Ek het hom 20 jaar terug in Japan vir 250 dollar (R650) daardie jare nog gekoop. Ek wil nie eers weet wat dit nou sal kos nie.”
Smith kom oorspronklik van Middelburg waar hy in 1980 by ‘n karateklub onder die afrigting van Jean Fourie aangesluit het.
“Ek het nog ál die jare geoefen – ek het provinsiale, nasionale én internasionale kleure. Ek neem ongelukkig nie meer aan kompetisies deel nie. Ek veg net.”
Hy en sy vrou, Retha is al 23 jaar getroud en hy vertel dat sy ‘n fantastiese kinderinstrukteur is. “Sy is baie goed met die jongklomp. Ons beoog om wéér ‘n klub hier in Nelspruit oop te maak.”
Sy gunstelingmedalje? “Definitief die een wat ek by die Wêreldkampioenskappe in Johannesburg vir kumite gekry het. Ek is baie op die veggedeelte ingestel. Dit gaan vir my oor die selfverdediging, nie oor aanval nie.”
Sal hy ooit sy sewende dan wil verwerf? “As ek die geleentheid het, as ek gesond en fiks is, natuurlik, maar mens weet nooit waar ek oor sewe jaar gaan
wees nie.”
Smith oefen ses dae ‘n week tussen twee en drie uur ‘n dag. Hy is óók aangestel om op die oppergesag te dien wat deel van die Shihan Kai vorm.

Verder is hy ‘n gerekende advokaat in die area. Hy het vroeg in 2007 sy
meestersgraad in regte verwerf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button