Judokas wys dat groot gif in klein botteltjies kom
Die Nelspruit Judoklub het verlede naweek die Laeveld se vlag hoog laat wapper in Gauteng.

Drie van die klub se jongste lede het aan die Suid-Afrikaanse
Judo-skolekompetisie gaan deelneem en met verskeie medaljes teruggekeer.
Die
sesjarige Carlo Moolman het bewys dat die sterkste gif in die kleinste
botteltjies kom en het in sy kategorie vir vegters onder 24kg ‘n tweede plek
behaal en ‘n silwer medalje verower.
Dustyn Holmes mag dalk net nege jaar oud
wees, maar het reeds bewys dat hy ‘n blink toekoms in dié sport het deur ‘n goue
medalje in sy afdeling te verwerf.
Die agtjarige Wian du Plessis het in een
van die klasse met die meeste deelnemers gekompeteer, maar kon nog steeds ‘n
fantastiese sesde plek uit 25 deelnemers kry.
“Nelspruit Judoklub is baie
trots op die jong judokas wat nou pal in kompetisies uitblink,” het ‘n trotse
Thinus van Tonder, die afrigter genoem. Vir meer inligting skakel Van Tonder by
082-411-8515.
