Jaarlikse binnehuise-krieketliga eindig op hoogtepunt
Die eindstryd van die binnehuise-krieketliga het Dinsdag 29 Oktober plaasgevind.

RC Jacobs, Hannes Jacobs, Jakes Jacobs, Ruhan Ras, Rudi Jacobs,
Junior Truter, Vincent Wallace, Neil de Klerk en Theo Niemandt het met 11 lopies
gewen en met die goue louere weggestap.
Die Pa’s en Bra’s se Arno (Mielie)
Gie, Dirk Botha, Welt Welthagen, Redge Fee, Carl Willemse, Jacques Janse van
Rensburg en Louw Labuschagne het hulle opponente van die baan afgespeel deur ‘n
totaal van 121 aan te teken.
Die volgende spanne het sertifikate
ontvang:
• Air G – goud
• Anvi Media – silver
• Be Visible – goud
•
Gemeng, Bitches – goud
• Cobras plate – goud
• Pa’s en Bra’s – brons
•
RMR plate – goud
• Universal soldiers – brons
• Ristar plate losers –
silver
Die Somer-aksie krieketliga sal binnekort afskop en spanne kan reeds
vir die nuwe liga inskryf. Die junior aksie krieketliga het reeds verlede week
begin en word op ‘n Vrydagmiddag om 17:00 by die arena gespeel.
Die
netballiga is op die oomblik aan die gang en die arena beplan om ‘n liga vir die
mans te begin om te sien of hulle die vroue kan les opsê.
Die junior aksie
netballers kan op ‘n Woensdag om 16:30 by die arena vir afrigting bymekaarkom en
dan word die spanne ingedeel om in die netballiga Woensdagaande te speel.
Hokkie word op Dinsdagaande by die arena gespeel. Spanne wat belangstel kan
die volgende nommers skakel:
Krieket-koördineerder, Darryl Wessels by
082-897-7221, netbal-koördineerder, Mariette Vorster by 082-895-7508 of die
eienaar Pierre Vorster by 079-520-3231/013-752-7495.
Die nuwe adres is Canary
Walk Business Park, Kragbron Straat, Nelspruit.
