Local sportSport

Lien se kleuternes hou ‘n visvang kompetisie vir fondsinsameling

Hengelaars het onlangs 'n heerlike dag by Driekoppiesdam ten bate van Lien se Kleuternes geniet.

DRIEKOPPIES – Hengelaars het onlangs ‘n heerlike dag by Driekoppiesdam ten bate van Lien se Kleuternes geniet.Al die deelnemers was ywerig om die blinkste grotes uit die water te trek. Die weer was perfek vir visvang maar ongelukkig het die groot visse hulself skaars gemaak. Sak na sak is ingeweeg maar die bielie-vis was nêrens te sien nie.

Die resulate vir die dag was soos volg:

• Mans swaarste vis – Etienne Carey (1,760kg) van span iMbongolo.

• Mans tweede swaarste vis – Nico Matthee (1,465kg) van span Ngweshi.

• Dames swaarste vis – Felicity Carey (0,820kg) van span Angling & Outdoor World.

• Dames tweede swaarste vis – Suzan Baird (0,335kg) van span Passion 4 Bass.

• Juniors swaarste vis – Leonared Starfield (0,800kg).

• Juniors tweede swaarste vis – Xander Matthee (0,355kg).

• Kleuters swaarste vis – Henning Radley (0,050kg).

• Kleuters tweede swaarste vis – Vian De Hollander (0,045kg).

• Swaarste sak van die dag en algehele wenners – span iMbongolo (5,920kg).

Prys: R 3000 kontant plus Voucher by KwaMadwala vir 30 minute elephant interaction vir vyf persone.

• Tweede swaarste sak van die dag is span Angling & Outdoor World (5,420kg).

Prys: R 2000 kontant plus tackle voucher geborg deur Solly’s Anglers Corner Nelspruit.

• Derde swaarste sak van die dag – span Passion 4 Bass (3,335kg).

Prys: R 1000 kontant plus Tackle voucher geborg deur Angling & Outdoor World.

• Vierde swaarste sak van die dag is span Deltek (3,080kg).

Prys: R500 kontant plus 4xVodacom-geskenkpakke.

Die aantal hengelaars wat ingeskryf het vir die dag is 69.

Persone wat bedank moet word vir sukses van die kompetisie is Kwa Madwala, Twin City Wholesalers Malelane, Vodacom Malelane, Komatipoort en Naas, SPAR Komatipoort, Salon Cha-Vonn, Wimpy Komatipoort, Agro Data, Laeveld Agrochem Nelspruit-Charl en Ettiene Carey – hoofborg, Angling & Outdoor World, Solly’s Anglers Corner, Wittus Angling Store White River, Felicity Carey, Isivuba Tours & Safaris en Werner Herbst.

Die gelukkige trekking (hounet en drank) is deur Martin Potgieter gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button