Blinklywe in fondse vir skool
'n Totaal van 69 hengelaars het Saterdag 2 November ten bate van 'n fondsinsamelingsprojek vir Lien se Kleuternes groot visse uit die Driekoppiedam (Lake Matsamo), getrek.

Die spanlid van iMbongolo, Etienne Carey het die
prys vir die swaarste vis (1,760kg) vir die dag gewen. Felicity Carey van
Angling & Outdoor world het die swaarste vis (0,8kg) in die vroue-kategorie
uit die water getrek.
In die junior kategorie, het Leonard Starfield ‘n vis
net onder die 1kg gevang en die kleuter, Henning Radley het ‘n vis van 0,050kg
gevang.
Die algehele wenners van die dag was iMongolo wat ‘n sak van 5,920kg
altesaam ingeweeg het. Hulle stap met R3 000 kontant, ‘n geskenkbewys van Kwa
Madwala weg en waar hulle vir 30 minute met olifante in wisselwerking kan tree.
Martin Potgieter het gedurende die gelukstrekking ‘n hounet en drank
gewen.
“Baie dankie aan die volgende borge wat die dag moontlik gemaak het –
Kwa Madwala, Twin City Wholesalers, Vodacom, SPAR Komatipoort, Salon Cha-Vonn,
Wimpy, Agro Data, Laeveld Agrochem, Angling & Outdoor World, Solly’s Anglers
Corner, Wittus Angling Store, White River, Felicity Carey, Isivuba Tours &
Safaris en Werner Herbst. Die dag was suksesvol. Ons het R7 000 se wins gemaak
en almal het dit vreeslik geniet,” het die organiseerder, Charl Carey na afloop
van die dag gesê.
Tweede pryse:
Nico Matthee 1,465kg Ngweshi.
Suzan
Baird 0,335kg Passion 4 Bass.
Juniors
Xander Matthee 0,355kg.
Kleuters
Vian De Hollander 0,045kg.
Tweede swaarste sak van die dag – Span Angling
& Outdoor World 5,420kg.
Prys: R2 000 kontant, en ‘n tackle-geskenkbewys
geborg deur Solly’s Anglers Corner Nelspruit.
Derde swaarste sak van die dag
– Span Passion 4 Bass 3,135kg.
Prys: R1 000 kontant, tackle-geskenk- bewys
geborg deur Angling & Outdoor World.
Vierde swaarste sak van die dag –
Span Deltek 3,080kg.
Prys: R500 kontant en vier Vodacom- geskenkpakkies.
