Prestasies dui op groot dinge
Alle goeie dinge kom tot 'n einde. Dit geld ook vir die voorseisoen van dié jaar se skole-atletiek.

Laerskool Bergland het Dinsdag hul jaarlikse interhuisatletiek in bloedige hitte aangebied. ‘n Hele paar atlete het in verskeie items met uithalervertonings die jaar afgesluit. Die seunsatleet, Christo Nel (o/10), het groot opspraak gemaak deur drie rekords op die dag in onderskeidelik hoogspring, verspring en 80m te verbeter. Die baanatleet, Suzaan Nel het die beste prestasie van die dag gelewer. Sy het die gewigstootbal 7,38m deur die lug laat trek. Keeana Kruger is as die beste in die dogters o/13 in die 200m aangewys en Keenan Visser die beste in baan-items seuns o/10 in die 75m-hekkies. Dwayne Fermor en Nel is as die beste velditem-atlete, albei vir o/11-gewigstoot gekroon. Die junior victor ludorum is aan De Ville de Villiers toegeken terwyl Carla Schiltz die junior victrix ludorum was. Die twee senior atlete, Christo Nel en Chanté-Bianca Nel, is as die senior victor ludorum en senior victrix ludorum aangewys. ‘n Hele paar nuwe rekords is op die dag opgestel: • Wilmien van der Merwe o/9 – 1200m (5,43min) • Nicole Geere o/9 – gewigstoot (5,43m) • Willem Blom o/9 – gewigstoot (7,52m) • Bonolo Ranalana o/10 – hoogspring (1,12m) • Christo Nel o/10 – hoogspring (1,27m) • Christo Nel o/10 – 80m (11,30sek) • Christo Nel o/10 – verspring (4,37m) • Kyla Labuschagne o/11 – 100m (14,11sek) • Kyla Labuschagne o/11 – 80m (11,21sek) • Olga Fabricius o/12 – 200m (30,10sek) • Keana Kruger o/13 – 200m (29,20) • Unathi Poyo o/13 – 200m (25,28sek) • Wian Otto o/13 – gewigstoot (12,66m).
