Local sportSport

Jongman gekies om ope te speel

Die spog-nuweling van Nelspruit wat die gholfwêreld aan die gons het, Triston Lawrence (16), gaan binnekort saam met die wêreld se nommer-vier gekeurde gholfer, Henrik Stenson in vanjaar se Suid-Afrikaanse Ope-Kampioenskappe meeding.

Dié Sanlam Suid-Afrikaanse Amateurkampioen, is die jongste speler in
106 jaar wat dié gesogte prestasie agter sy naam kan skryf. Só het hy ook sy
plek by die Glendower Gholfbaan in Johannesburg wat van
21 tot 24 November
plaasvind, bespreek.
“Dit is werklik ‘n droom wat waar geword het. Ek het
vandat ek die eerste keer ‘n gholfstok opgetel het, oor dié dag gefantaseer. Dit
is ‘n eens-in-‘n-leeftyd geleentheid wat ek met albei hande gaan aangryp,” het
Lawrence vertel.
Stenson is die huidige ope-kampioenskap-wenner en speel
vanjaar van sy beste gholf nog. “Ek kan so baie by hom leer in dié twee rondes
wat ek teen hom speel. Dit gaan ‘n onvergeetelike dag wees en ek hoop om met my
eerste hou hom reeds te beïndruk.”
Lawrence moet saam met die ander vyf
amateure, Christiaan Bezuidenhout, NJ Arnoldi, Zander Lombard en Louis Taylor,
na die kwalifiserende ronde deurdring om moontlik aan die Freddie Tait-toernooi
te kan deelneem. Bobby Locke, Ernie Els, Trevor Immelman en Charl Schwartzel is
van die spelers wat reeds voorheen aan die toernooi deelgeneem het en die trofee
gelig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button