Local sportSport

Atlete wys hul staal

Die 42km-atleet, Seun Moleshioa van Midmack het die sprokiesagtige Rudamans Kaapsehoop 3-in-1, wat Saterdag plaasgevind het, in 'n tyd van 02:18:18 voltooi.

Jennifer Koech van Nedbank het ‘n nuwe baanrekord van 2:38:39 opgestel om as die
eerste vrou klaar te maak.
Die verdedigende kampioen in die 21km, Mashaba
Abedrico, het wéér geskiedenis gemaak deur eerste oor die eindstreep in ‘n tyd
van 64:40 te hardloop. Dit is die tweede vinnigste tyd wat sedert 2006 opgestel
is.
Die rekord wat steeds staan, 02:1:09, is deur D Mtshweni opgestel.

‘n Totaal van 2 672 atlete, ‘n duisend meer as verlede jaar, het douvoordag
weggespring. Die wedloop het in 2011 sy 30ste verjaarsdag gevier, en is een van
die mees gerekende sportbyeenkomste in
die Laeveld.
“Ons het bitter hard
gewerk om weereens ‘n wedloop soos dié aan te bied. Daar was geen ernstige
voorvalle waarvan ons bewus was nie, net ‘n paar atlete wat kort voor die
eindstreep tam en moeg was,” vertel die organiseerder, Winnie Uys. Die marathon
het óók as kwalifiseringsronde vir volgende jaar se Comrades en Two Oceans
gedien waar ‘n hele gros atlete die afsnypunt van vyf uur gehaal het.
‘n
Totaal van 600 inskrywings het die 10km voltooi, 720 die 21km en ‘n massiewe 1
375 die 42km.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button