Local sportSport

Friesperde by skou beïndruk

Die prag-friesperd, Akke van't Wisselend Tijé, en haar ruiters het by die afgelope Fries Perdeskou wat in Kyalami van 23 tot 26 Oktober plaasgevind het, uitnemende prestasies behaal.

Selco Friesian Stud het vanjaar op ‘n hoogtepunt afgesluit en talle toekennings by dié jaarlikse gebeurtenis ingeoes.

Shaun Eggersglüsz het eerste in die prelim dressage op Show Akke van’t Wisselend Tijé én in die supreme dressage reserve champions on show,
geeïndig. Roland en Jandalise Venter het onderskeidelik die tweede en derde plekke in die amateurklas behaal. Wijkje Annabel T en Selma van den Berg het eerste in die senior merries onder saal-klas gekom en

Wisselend Tijé en Sean Eggersglüsz in die tweede plek. Wijkje en Selma van den Berg is as die kampioenmerrie onder saal gekroon. Die senior kampioenruiter onder saal is aan Wijkje Annabel T en Selma van den Berg toegeken. Die senior reserwekampioen-ruiter onder saal is aan Tijé en Eggersglüsz oorhandig.

Roland en Jandalise Venter het ‘n tweede plek in die senior hingste onder
saal ingepalm terwyl Tijé eerste in haar klas vir die afdeling, in-hand-klasster- merries vyf jaar en ouer verower het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button