Local sportSport

‘n Droom jaar vir Nellies Leeus

Laerskool Nelspruit se o/12-krieketseuns is as die Mpumalanga Krieketkampioene 2013 gekroon.

Die Nellie Leeus het hulle seisoen op ‘n hoë noot afgesluit toe
hulle die span van Laerskool Kragbron op hulle tuisveld met 93 lopies verslaan
het.
Kragbron het die loot gewen en besluit om die Nellies eerste te laat
kolf. Die Leeutjies het aanvanklik sleg begin met paaltjies wat een na die ander
gekantel het, maar die besoekers het nogtans karakter gewys en ‘n skaflike 180
lopies geslaan. Volgens Adé Adendorff, afrigter van die Nellies, was dit nie die
eerste keer dat sy span vroeg in hulle kolfbeurt in die moeilikheid was nie.
“Dit is juis ‘n aanduiding van ‘n goeie span as hulle kop kan hou, ten spyte van
‘n slegte begin en steeds ‘n goeie telling op die bord sit.” Heini Pieters was
Nelspruit se beste kolwer toe hy 32 van slegs 45 balle gemoker het. Pieters is
goed deur sy stertkolwers ondersteun.
Na middagete was die Nelspruiters
oorgehaal om hul telling te verdedig met hul gevaarlike boulaanval. Die giftige
boulers van die Leeus het soos verwag nie teleurgestel nie en het Kragbron vir
slegs 87 lopies uitgeboul. Pieters het weereens gewys dat hy nie net ‘n meester
met sy kolf is nie, maar ook met sy boulwerk. Hy het twee paaltjies vir slegs
sewe lopies gekry en is welverdiend as speler van die wedstryd aangewys.

Erich Smit was hul beste kolwer en het ‘n pragtige 46 lopies van slegs 39
balle geslaan. Laerskool Nelspruit se seuns het die afgelope drie seisoene 50
wedstryde gespeel en slegs vier verloor. “Julle gaan nog baie van dié kannetjies
hoor,” het ‘n trotse Adendorff gesê.
Elke speler het ‘n groot bydrae tot die
span se sukses gehad. Jacques Vosloo, Tristan Parnell en Chyle van Zyl het elke
100-talle in die seisoen aangeteken. Die seuns wat 50-talle aangeteken het die
seisoen is Matthee Joubert, Heini Pieters en Rian Gunter. Voorwaar ‘n
spanpoging.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button