Robbies se atelete woeker
Ongeveer 60 atlete van Hoërskool Rob Ferreira het die naweek van 25 tot 27 Oktober 'n uiters suksesvolle atletiektoer na Polokwane onderneem.

Vyftien skole
het aan die Marius Lengton- atletiekbyeenkoms, wat deur Hoërskool Tom Naudé
aangebied is, deelgeneem.
Top-atletiekskole soos Afrikaans Hoër Seunskool
van Pretoria, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Noordheuwel, Pretoria Boys
High, Tom Naudé,
Hoërskool Hans Strijdom en Heuwelkruin was deel van dié
mededingende byeenkoms.
Die atlete van Robbies, het 24 medalje-plekke, 15
derde en 16 vyfde plekke behaal.
Die matriekleerder en kaptein van die
seunspan, PW Coetser, het met die laaste geleentheid om vir sy skool te kon
deelneem, met vier medaljes waaronder twee goud en twee silwer weggestap. Sy tyd
in die 400m-hekkies was 54,4 sekondes. Die toerspan het die geleentheid gekry om
op die Peter Mokaba Stadion, wat ‘n tartanbaan is, deel te neem.
Die
Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe van 2014 sal hier plaasvind, en verskeie van
Rob se top-atlete sal dié ondervinding volgende jaar met hul moontlike deelname
aan dié kampioenskappe kan benut.
Die toerspan het die Vrydagaand tenpin
bowling gaan speel. Personeel en atlete het spanne gevorm en lekker pret gehad.
Die atletiek-voorseisoen is op ‘n hoogtepunt afgesluit, met die aanbreek van die
eksamen. Die atletiekseisoen skop amptelik middel Januarie af.
