Malelane-klub ontvang gesogte trofee van unie
'n Klein dorpie se rugbyspan het vir groot feesvieringe gesorg toe hulle as die Laeveld Klub van die Jaar 2013 aangekondig is.

“Ons was oorstelp van vreugde
toe die unie ons laat weet het dat ons het hierdie gesogte trofee gewen het,”
het Zelda Pienaar van Malelane Rugbyklub aan Laevelder genoem.
Pienaar het
verduidelik dat die trofee oor die spelers se gedrag op die veld gaan en ook
hoeveel wedstryde nagekom is. “Die unie kyk ook hoe die span bestuur word, na
die wedstrydverslae sowel as die papierwerk.”
Die Malalane-span het in die
afgelope jaar ver gevorder en kan gerus trots wees op hulle toekenning. “Ons het
‘n besonderse jaar gehad en is regtig baie gelukkig – dit het harde werk gekos
maar dit was die moeite werd.”
Malelane was ook as die tweede-beste span in
Mpumalanga aangewys, ‘n baie groot prestasie vir so ‘n klein dorpie met so min
spelers.
