Malelane Rugbyklub afsluiting
Malelane Rugbyklub het hul jaarlikse afsluiting en prysuitdeling op Saterdag 26 Oktober by die Krokodil-lapa gehou. Die aand was ‘n reusesukses en 'n mens kon die gaste deur ‘n ring trek.
Malelane Rugbyklub het hul jaarlikse afsluiting en prysuitdeling op Saterdag 26 Oktober by die Krokodil-lapa gehou. Die aand was ‘n reusesukses en ‘n mens kon die gaste deur ‘n ring trek.
Toekennings is aan die spelers en bestuur oorhandig. Die partytjie het tot laataand aangehou.
Malelane Rugbyklub het die Klub van die jaar 2013-toekenning van die Pumas ontvang, ‘n uitsonderlike prestasie.
Die volgende trofees is toegeken:
• Speler van die jaar – Stefan Smit (eerste span) – Bertie Roos (tweede span)
• Voorspeler van die jaar – Gustav de Kock (eerstes) – Juan Pieterse (tweedes)
• Agterspeler van die jaar – Chris Botha (eerstes) – Barry Botha (tweedes)
• Beste vordering – Kobus Roos (eerstes) – Eric Mabuza (tweedes)
• Lojaalste – Hansie Grobler (eerstes) – Flip vd Merwe (tweedes)
• Beste duikslag (tackle) – Michael de Beer (eerstes) – Ryno Koekemoer (tweedes)
• Meeste drieë – Michael de Beer (eerstes) – Juan Pieterse (tweedes)
• Droogmakers van die jaar – Alex de Kock en Eugene du Toit.
Malelane Rugbyklub en Riaan Pienaar, afrigter van die span se vier jaar lange geskiedenis is soos volg, in 2010 het Malelane in die Laeveld liga gespeel maar die liga was verdeel in twee. Malelane wen toe die onderste liga. In 2011 het Malelane in die semi finaal uit gekom maar met twee punte, hulle is geplaas derde in die Laeveld.
In 2012 het Malelane die finaal bereik maar verloor met een punt en is geplaas tweede in die Laeveld. In 2013 het Malelane begin in die Super 8 liga en die finaal bereik teen Ferros maar verloor, hulle is nou geplaas eerste in die Laeveld.
Volgens Riaan Pienaar, afrigter van die span, is dié klub die beste in die Laeveld en is die tweede beste in die hele Mpumalanga, wat vanaf Witbank regdeur tot in Komatipoort strek.
Mens kan sien hoe Malalane elke jaar gegroei en net beter en beter geword het. Pienaar rig nou al van einde 2010 tot hede die span af, en die invloed wat hy op hierdie spelers het, is duidelik sigbaar.
“Ek dink die dorp kan trots wees op so ‘n span. Dit het harde werk gekos om hier te kom maar dis ‘n amazing feeling. Malelane Rugbyklub is nie net ‘n klub nie maar het ‘n groot familie geword. Spesial dankie aan mnr. en me. Myburg van die Puma-unie wat die funksie bygewoon het. Daar is ook baie spelers en bestuur wat hierdie jaar gaan klaarmaak en ons wil alles op ‘n hoogtepunt afsluit. Ons wil baie dankie sê aan ons borge van vanjaar, want sonder hulle kan ons nie voortbestaan nie,” groet Pienaar.
