Local sportSport

Penryn, ster van die byeenkoms

Die atlete van Penryn was die sterre by die landloopdag vir onafhanklike skole, wat Woensdag 13 November by Klipkraaldam tussen Sabie en Graskop plaasgevind het.

Die byeenkoms is deur Woodlands-skool aangebied.
‘n Totaal van 350
ywerige gesiggies van Penryn, Curro, Uplands, Flamboyant, Summerhill,
Birchcroft, Woodlands en Riverview het onderskeidelik aan die 2km-, 3km- en
4km-afstande deelgeneem.
“Ons het hierdie jaar besluit om dit ‘n amptelike
dag te maak, maar volgende jaar sal ‘n ander skool die geleentheid reël. Die
betrokke skole het nog nie voorheen so iets aangebied nie, en daarom het ons dit
goed gedink om dit ‘n jaarlikse byeenkoms te maak,” het die organiseerder van
Woodlands, Elizca Davies gesê.
Die deelnemers het dit geniet om deur die
asemrowende plantasies van York te hardloop en hul pad deur ‘n paar
struikelblokke op die roete te vind.
“Die byeenkoms was ‘n groot sukses. Ons
het ‘n nuwe tydstelsel gebruik wat baie goed gewerk het. Ons het van Ash Winters
gebruik gemaak en al die uitslae is dadelik op die Internet beskikbaar. Al die
oupas en oumas kan na die tyd na die deelnemers se tye gaan kyk,” vertel
Davies.
Woodlands het ook ‘n Minute to win it-stalletjie gehad – die drie
vinnigste tye het pryse ontvang en dit het die wenners net verder gemotiveer.

Jaco van Staden van Cyclejunkies het die interessante roete beplan. York
Timbers het die dag geborg en tot die sukses bygedra.
o/7 – 2km (22
atlete)
Algehele wenner in die 2km-wedloop o/7 – Grant Bridgeford van Penryn.

Seunswenner – Grant Bridgeford
Dogterswenner – Adeline Grobler van
Curro
o/8 – o/10 – 2km (76 atlete)
Algehele wenner in die 2km-wedloop vir
atlete o/8 tot o/10 – Pieter-André van der Merwe (o/9) van
Uplands
Seunswenner – Pieter-André van der Merwe
Dogterswenner – Natasha
Mashego (o/10) van Woodlands
o/11- o/12 – 3km (62 atlete)
Algehele wenner
in die 3km-wedloop vir atlete o/11 tot o/12 – Mignon Joubert (Curro
o/12)
Dogterswenner – Orbatine Ntuli (Curro o/11)
Seunswenner – Jarred
Matthews (Uplands o/12)
4km (15 atlete)
Algehele wenner – FJ Mentz
(Curro).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button