Local sportSport

Malelane Rugbyklub word vereer

Malelane Rugbyklub het hul jaarlikse afsluiting en prysuitdeling op Saterdag 26 Oktober by die Krokodil-lapa gehou.

Die aand was ‘n reusesukses en ‘n mens kon
die gaste deur ‘n ring trek.
Toekennings is aan die spelers en bestuur
oorhandig. Die partytjie het tot laataand aangehou.
Malelane Rugbyklub het
die Klub van die Jaar 2013-toekenning van die Pumas ontvang, ‘n uitsonderlike
prestasie.
Die volgende trofees is toegeken:
• Speler van die jaar –
Stefan Smit (eerste span), Bertie Roos (tweede span)
• Voorspeler van die
jaar – Gustav de Kock (eerstes), Juan Pieterse (tweedes)
• Agterspeler van
die jaar – Chris Botha (eerstes), Barry Botha (tweedes)
• Beste vordering –
Kobus Roos (eerstes), Eric Mabuza (tweedes)
• Lojaalste – Hansie Grobler
(eerExitstes),

Flip vd Merwe (tweedes)
• Beste duikslag – Michael de Beer (eerstes),
Ryno Koekemoer (tweedes)
• Meeste drieë – Michael de Beer (eerstes), Juan
Pieterse (tweedes)
• Droogmakers van die jaar – Alex de Kock en Eugene du
Toit.
Malelane Rugbyklub en Riaan Pienaar, afrigter van die span se vier jaar
lange geskiedenis is soos volg: In 2010 het Malelane in die Laeveld-liga gespeel
maar die liga was verdeel in twee. Malelane wen toe die onderste liga.
In
2011 het hulle in die semi-finaal uitgekom maar met twee punte, hulle is derde
in die Laeveld geplaas.
In 2012 het Malelane die finaal bereik maar verloor
met een punt en is geplaas tweede in die Laeveld. In 2013 het hulle begin in die
Super 8-liga en die finaal bereik teen Ferros maar verloor, hulle is nou geplaas
eerste in die Laeveld.
Volgens Riaan Pienaar, afrigter van die span, is dié
klub die beste in die Laeveld en is die tweede beste in die hele Mpumalanga, wat
vanaf Witbank regdeur tot in Komatipoort strek.
Mens kan sien hoe Malalane
elke jaar gegroei en net beter en beter geword het. Pienaar rig nou al van einde
2010 tot hede die span af, en die invloed wat hy op hierdie spelers het, is
duidelik sigbaar.
“Ek dink die dorp kan trots wees op so ‘n span. Dit het
harde werk gekos om hier te kom maar dis ‘n amazing feeling. Malelane Rugbyklub
is nie net ‘n klub nie, maar het
‘n groot familie geword. Spesiaal dankie

aan mnr. en me. Myburg van die Puma-unie wat die funksie bygewoon het.

“Daar is ook baie spelers en bestuur wat hierdie jaar gaan klaarmaak en ons
wil alles op ‘n hoogtepunt afsluit. Ons wil baie dankie sê aan ons borge van
vanjaar, want sonder hulle kan ons nie voortbestaan nie,” groet Pienaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button