Robbies-rugbyweek bars uit sy nate
Die Danie Rossouw Rugbyweek wat einde Maart 2014 deur Hoërskool Rob Ferreira aangebied sal word, bars behoorlik uit sy nate.

Daar is tans 15 skole wat vanaf 30 Maart tot 3 April 2014 daar gaan deelneem. Hoërskool Ermelo se o/16’s en Garsfontein van Pretoria se o/15’s is óók nou deel en Matsulu word as ontwikkelingskool genooi. Bergvlam, Secunda, Uplands en Penryn College, HTS
Witbank, Frans du Toit, Bastion, DF Malan, Ben Vorster, Kanonkop van Middelburg
en Louis Trichardt is van die skole wat by Rob sal speel.
Die oud-All Black,
Carlos Spencer, is uitgenooi om ‘n skopkursus by Hoërskool Rob Ferreria aan te
bied.
“As gevolg van die suksesvolle aanbieding van 2012, het Robbies besluit
om weer as gasheer vir die toernooi op te tree. “Dit is vir ons ‘n groot voorreg
om van ons top-rugbyskole na dié besonderse geleentheid te nooi. Dit gaan ‘n
wondelike week wees wat ongetwyfeld tot voordeel van elke speler, afrigter en
span sal strek,” vertel die rugbyorganiseerder, Albert Booyens.
Die beroemde
oud-Springbok, Danie Rossouw wat tans vir die Franse klub Toulon speel, het in
1996 aan Hoërskool Rob Ferreira gematrikuleer, maar is oorspronklik van
Sabie.
Wat maak dié rugbyweek so uniek?
• Daar word leierskapsessies vir
die kapteins en onderkapteins vir alle spanne aangebied.
• Elke wedstryd
word op DVD opgeneem en word aan die afrigters oorhandig en elkeen gaan daarop
ontleed word.
• Die Blou Bulle Rugby-akademie sal afrigtingsessies
aanbied.
Die program is reeds op www.lowvelder.co.za beskikbaar.
Navrae:
Albert by 072-190-8342 of robfhs@mweb.co.za
